Tika skenk aan San-gemeenskap
Maria Eiseb
Die Turkse Internasionale Samewerking- en Koördineringsagentskap (Tika) het Donderdag in Windhoek items ter waarde van sowat N$330 000 aan die San-gemeenskap oorhandig.
Volgens die programkoördineerder van dié agentskap in Windhoek, mnr. Cunyet Esmar, het Tika ’n toer saam met regeringsamptenare na die Elephant Songs-kampe in die ooste van die Tsumkwe-kiesafdeling in Otjozondjupastreek onderneem, en die omstandighede beleef waarin die inwoners leef. Tika het toe besluit om deel te wees van die maatskaplike ontwikkeling van dié gemeenskap.
Esmar het gesê die agentskap het besluit die ondersteuning sal in drie fases geskied, met die eerste fase ’n skenking van kos en klere aan die lede van die gemeenskap, die tweede fase is ’n skenking van vee vir inkomste genererende projekte terwyl die derde fase langtermyn ontwikkelingsprojekte behels.
Volgens die Turkse ambassadeur, me. Deniz Cakar, is Tika in 2014 gestig en het die vriendskapbande tussen Namibië en Turkye versterk. Die agentskap is in die meeste lande in Suider-Afrika werksaam, het sy gesê.
Sedert sy vestiging in Namibië, het die agentskap al 20 projekte in Namibië met sowat N$500 000 ondersteun.
Cakar het gesê ter wille van die vriendskap tussen die twee lande, is Tika ’n vennoot in die uitwissing van armoede en ondersteun ook die Harambee-welvaartsplan.
Tydens dieselfde geleentheid het die adjunkminister in die kantoor van die visepresident, mnr. Royal /Ui/o/oo, sy dank uitgespreek vir die ondersteuning aan die minderbevoorregte San-gemeenskappe. Hy het die ambassade versoek om “as broers” die regering se hand te vat en in dieselfde rigting te beweeg om die minderbevoorregtes te help.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie