Tika skenk vir skole
Tika skenk vir skole

Tika skenk vir skole

Francoise Steynberg
Die Primêre skool Guibeb op Mariental is ''n rekenaarlaboratorium­ ryker en die Gekombineerde Skool Daweb op Maltahöhe het ''n wetenskaplaboratorium gekry danksy die hulp van die Turkse agentskap vir koördinasie en same­werking in Windhoek.

Volgens ''n verklaring deur die Turkse ambassade sal hierdie toerusting talentvolle Namibiese leerders in staat stel om kundigheid op die gebied van wetenskap en rekenaargeletterdheid te bekom.

Die Turkse ambassadeur in Namibië, me. Deniz Çakar, die goewerneur van die Hardapstreek, me. Esme Sophia Isaack, mnr. Cüneyt Esmer, die Tika-­koördineerder in Namibië en die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa,­ het die oorhandigingsplegtigheid op 13 Oktober bygewoon.

Die wetenskaplaboratorium by die Gekombineerde Skool Daweb sal 336 leerders bedien en by die Primêre Skool Guibeb sal 564 leerders die voordeel van 31 rekenaars in die rekenaarlaboratorium geniet.

Sedert die Tika-program twee jaar gelede in Namibië begin is, is meer as 35 projekte teen ''n koste van N$15 miljoen reeds afgehandel. Van hierdie projekte is 12 in die onderwyssektor.

Voorheen voltooide projekte sluit in ''n rekenaarlaboratorium by die William Bockhard Skool op Okambahe, ''n skenking van toerusting aan die media opvoedkundige sentrum op Walvisbaai, toerusting vir die laboratorium vir inligtingstegnologie by die Universiteit van Namibië wat ook as sentrum vir uitnemendheid vir die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) dien, die bou van die Joseph Kanime kindergarten in die Otapi-distrik en die skenking­ van skryfbehoeftes aan San-kinders in Tsumkwe.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!