Tillerson as minister gepos – op Twitter
Die onvoorspelbaarheid in die Withuis duur voort met Amerika se minister van buitelandse sake wat die jongste Trump-slagoffer geword het.
Pres. Donald Trump het Rex Tillerson, sy minister van buitelandse sake, op Twitter afgedank en hom met Mike Pompeo, die hoof van die CIA, vervang.
Gina Haspel, adjunkdirekteur van die CIA, sal die leisels van die CIA by Pompeo oorneem, berig Reuters. Haspel sal die eerste vrou wees wat die CIA lei.
Trump het Tillerson op Twitter bedank vir sy diens en gesê hy glo Pompeo sal 'n “fantastiese werk” doen.
Tillerson sê hy het op Twitter gesien dat hy afgedank is.
Pompeo sowel as Haspel se aanstelling moet eers deur die Amerikaanse kongres bevestig word.
Daar is vroeër bespiegel dat die prokureur-generaal, Jeff Sessions, ook op dun ys is.
CNN berig Trump het aan joernaliste gesê hy en Tillerson “het goed oor die weg gekom”, maar dat hulle “verskillende sienings” oor sommige kwessies gehad het.
“Ons dink nie rêrig eenders nie. Ek en Pompeo dink eenders,” sê die Amerikaanse president.
Trump wou glo al maande lank vir Pompeo as minister van buitelandse sake gehad het.
Die Amerikaanse president is glo steeds omgekrap omdat Tillerson hom in 'n stadium verlede jaar “ 'n moroon” genoem het.
Bronne in die Withuis sê die verskille tussen Trump en Tillerson is “onoorkomelik”.
Tillerson het glo baie min bondgenote in die Withuis oor. Hy het aanvanklik die steun van John Kelly, die stafhoof, gehad.
The New Yorker het berig Haspel het van 2003-2005 'n hoogs geheime CIA-projek gelei waarin Al-Kaïda-lede gedurende ondervraging gemartel is.
Tillerson het weens siekte 'n besoek aan Afrika kortgeknip en Dinsdagoggend (VSA-tyd) na Washington teruggekeer, berig CBS.
Trump sê in 'n verklaring Pompeo se ervaring in die Amerikaanse weermag, in die kongres en as hoof van die CIA, sal hom baie in sy nuwe rol help.
Trump het Tillerson vir sy diens bedank en het gesê baie is bereik in die 14 maande wat hy minister van buitelandse sake was.
Pompeo sê in 'n verklaring hy sien uit daarna om “die wêreld se voorste diplomatieke korps” te lei en Trump se buitelandse beleid uit te voer.
CNN het berig sen. Chuck Schumer, die minderheidsleier in die senaat, sê in 'n verklaring Tillerson se afdanking “verswak die VSA”.
Schumer sê hy hoop dat as Pompeo se aanstelling bekragtig word hy die skroewe sal aandraai “teen Rusland en pres. Wladimir Poetin”.
Trump het glo nie Tillerson geraadpleeg voordat hy ingestem het tot 'n geskiedkundige ontmoeting met Noord-Korea se pres. Kim Jong-oen nie.
“Ek het self die besluit geneem,” het Trump aan joernaliste gesê.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie