Tillerson waarsku Afrika oor Chinese lenings
Tillerson waarsku Afrika oor Chinese lenings

Tillerson waarsku Afrika oor Chinese lenings

NAMPA
Amerika se minister van buitelandse sake, mnr. Rex Tillerson, het gister gesê Afrikalande moet mooi dink oor lenings van China.

Tog het hy die versekering gegee dat Washington nie probeer om Chinese beleggings uit Afrika te hou nie.

Tillerson, 'n voormalige ­hoofbestuurder van Exxon, is in Afrika om veiligheids­alliansies op die vasteland 'n hupstoot te gee terwyl Afrika toenemend na Beijing vir bystand en handel kyk.

“Ons probeer geensins Chinese dollars uit Afrika hou nie,” het Tillerson 'n nuuskonferensie in die Ethiopiese hoofstad, Addis Abeba, gister meegedeel. “Dit is egter belangrik dat Afrikalande die voorwaardes van hierdie ooreenkoms goed oorweeg ten einde nie hul soewereiniteit in te boet nie,” het hy bygevoeg.

Hy het Woensdag in die Afrikaland met die tweede grootste bevolking op die vaste­land aangekom en gister die Afrika-unie (AU) se hoofkantoor besoek. Die AU se hoofkantoorkompleks is ten volle deur China gefinansier en gebou, en word beskou as Beijing se dryfveer om invloed uit te oefen en toegang tot die vasteland se natuurlike hulpbronne te verkry.

Amerika se topdiplomaat se opmerkings kom ná 'n toespraak vroeër die week waarin hy “China se benadering” tot Afrika gekritiseer het. Hy het gesê dit moedig afhanklikheid deur “vae kontrakte” en “roofdieragtige leningspraktyke” aan.– Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!