‘Time’ in nuwe hande
Die uitgewer van die nuustydskrif Time, asook Sports Illustrated en Fortune, is nou in nuwe hande.
Die mediaorganisasie Meredith, wat onder meer die glanstydskrif Better Homes & Gardens uitgee, het ingestem om die uitgewer Time Inc. vir sowat US$1,8 miljard, of sowat US$18,50 per aandeel, te koop.
Die uitgewer was vroeër deel van Time Warner, maar is ontbondel.
Soos baie nuuspublikasies sukkel Time nou al ’n rukkie om ’n wins in die digitale era te maak.
Time sukkel, soos sy mededingers, om kop bo water te hou te midde van dalende intekenaars en advertensie-inkomste.
Dit is die derde keer sedert 2013 dat Meredith Time probeer koop.
Meredith is in Des Moines, Iowa, en fokus op leefstyl. Ander titels in sy stal is Shape en Parents.
Die maatskappy besit ook ’n paar plaaslike televisiestasies, wat dien as ’n buffer teen die probleme van gedrukte en aanlyn media.
Die Koch-broers Charles en David, onderskeidelik die 13de en 14de rykste mense ter wêreld, het onderneem om US$650 miljoen deur hul beleggingsarm, Koch Equity Development, in Time te belê. Die Kochs gaan nie in die direksie dien of ’n invloed op redaksionele besluite en bestuursake hê nie.
Hul betrokkenheid sal dalk nietemin ’n ophef veroorsaak omdat hulle oor die jare heen ’n netwerk van ryk skenkers opgebou het wat geld vir konserwatiewe sake skenk. – Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie