Tinder . . . maar vir beeste
Tinder . . . maar vir beeste

Tinder . . . maar vir beeste

Nuwe app vind genetika aanlyn
Ronelle Rademeyer
Is jy ’n boer wat sukkel om die ideale pasmaat vir jou stoetbul te vind? Of wonder jy dalk waarvandaan die pappa van Daisy se volgende kalfie gaan kom?

Moenie vrees nie – daar is hulp!

’n Britse beginneronderneming het met ’n blink gedagte vorendag gekom: Tinder, maar vir beeste.

Met Tudder kan boere soek deur die foto’s van verskillende diere en geskikte pasmaats kies op grond van verskeie besonderhede, soos die dier se ouderdom, ligging en eienaar.



Sodra die boer ’n geskikte maat vind, vee hy – nes op Tinder – die foto na regs.

Tudder vier dié oomblik met die luide gebulk van ’n bees.

Die betrokke boere word via die onderneming se webwerf met mekaar in verbinding gebring waar ’n aanbod gemaak word om die betrokke bees te koop of om van sy “dienste” gebruik te maak.

Hectare, die onderneming wat Tudder begin het, sê die app is juis ontwerp om “skaam plaasdiere te help om hul sielsgenote te vind”.

Om die diere op ’n app te smous, bespoedig die proses aansienlik, sê die stigters.

Die diere se profielbeskrywings bevat ook ander belangrike inligting, soos die dier se karakter en enige gesondheidskwessies.

Beskrywings van die dier se karakter kan wissel van iets soos “ die groot, sterk soort wat goeie vleiskoeie lewer” tot “ ’n stil, mooi geboude jong bul, gereed om te werk”.

Boere kan ook hul aanlyn soektog verfyn deur spesifiek te soek na organiese of rasegte vee of plase uit te sluit waar tuberkulose aangemeld is.

Beskrywings van die dier se karakter kan wissel van iets soos “ die groot, sterk soort wat goeie vleiskoeie lewer” tot “ ’n stil, mooi geboude jong bul, gereed om te werk”.

Marcus Lampard (76), ’n boer van Carmarthenshire in die suidweste van Wallis, sê dit is baie makliker om vee aanlyn te adverteer. Hy lys tans ’n rasegte stoetbul op Tudder.

“Dit is ’n las om die diere na ’n mark te neem,” sê hy. “As ek met ’n bul na ’n mark moet reis en dit dan dalk weer terugbring, staan alles op die plaas vir minstens twee weke botstil.”

Lampard sê sy dogter skep die beeste se profiele vir hom op die app.

“Op my ouderdom dink ons dalk ons het taamlike tegniese vaardighede, maar my kleinkinders dink ek is hopeloos.”

Hectare het meer as $3,9 miljoen van beleggers ontvang, wat die skrywer Richard Koch en die tennisster Andy Murray insluit.

Sowat ’n derde van plase in Brittanje gebruik reeds Hectare se platform om vee en voer te verhandel, sê Doug Bairner, uitvoerende hoof.

“Dit moet makliker wees om ’n geskikte maat vir vee te vind as vir mense. So dalk takel ons skape volgende,” sê hy.

Tudder is tans nog net in Brittanje beskikbaar en verbind boere van 42 000 plase. – Bloomberg (soos vertaal deur Netwerk24)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!