• Tuisblad
  • Sport
  • Tinus in Pumas se nr. 10-trui, UWK se Lundi haal beginspan
Tinus in Pumas se nr. 10-trui, UWK se Lundi haal beginspan
Tinus in Pumas se nr. 10-trui, UWK se Lundi haal beginspan

Tinus in Pumas se nr. 10-trui, UWK se Lundi haal beginspan

Rugby
Marnus Kok – Tinus de Beer sal die Pumas se generaal wees in hul eerste kragmeting van die seisoen in die Curriebeker-rugbyreeks teen die Bulle Vrydag in Mbombela.

Jimmy Stonehouse, afrigter van die Laevelders, het besluit om die nr. 10-trui aan De Beer toe te vertrou, met Eddie Fouché wat die plaasvervangersbank sal warm hou.

Die 21-jarige Giovan Snyman sal De Beer se skakelmaat wees. Benewens De Beer, wat as onderkaptein aangewys is, sal twee ander spelers in die beginspan hul buiging vir die Pumas maak. De Beer het voorheen provinsiale rugby vir die Bulle en Griekwas gespeel.

Robbie Petzer sal op binnesenter diens doen en die middelveld saam met Sebastian de Klerk beman. Die 25-jarige Petzer het tevore vir spanne soos die Cheetahs, die Suidwestelike Distrikte en die Amerikaanse klubspan die Glendale Raptors gespeel.

Lundi Msenge, wat verlede jaar vir die Universiteit van Wes-Kaapland in die Varsitybeker-reeks uitgeblink het, begin op linkervleuel.

Voorlangs maak Corné Fourie, die ervare 33-jarige loskopstut, sy terugkeer tot die span nadat hy in Junie verlede jaar 'n ernstige kniebesering opgedoen het, wat toe sy seisoen kortgeknip het.

Stonehouse sê dit was moeilik om tussen De Beer en Fouché te kies.

“Albei van hulle bring beslis iets. Ons weet wat Eddie kan bied en wil graag vir Tinus 'n kans gee om te wys waaroor hy beskik.”

Stonehouse maak dit duidelik dat sy span “punte uit die wedstryd moet kry” en dat dit 'n gulde geleentheid vir die jong Laeveldse spelers is om aan te gryp.

Daar is natuurlik geen beter manier as om dit teen die Bulle, wat die afgelope twee seisoene die Curriebeker-reeks gewen het, te doen nie.

• Pumas: Devon Williams, Tapiwa Mafura, Sebastian de Klerk, Robbie Petzer, Lundi Msenge, Tinus de Beer, Giovan Snyman, Willie Engelbrecht (k), Khwezi Mafu, Daniel Maartens, Darrien Landsberg, Shane Kirkwood, Ig Prinsloo, Eduan Swart, Corné Fourie.

Reserwes: Llewellyn Classen, Ruan Kramer, Simon Raw, Malembe Mpofu, Phumzile Maqondwana, Lucky Dlepu, Eddie Fouché, Alwayno Visagie.– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!