Tinus motiveer skolespanne
Ronelle Rademeyer - ’n Verrassing toe die Namibiese Skolesportunie (NSSU) en die borge Coca-Cola en Alexander Forbes dié week nasionale kleure oorhandig het aan die 104 skolerugbyspelers wat Namibië vandeesmaand by vier toernooie in Suid-Afrika gaan verteenwoordig, was ’n motiveringspraatjie deur die rugbylegende Tinus du Plessis.
Vir die eerste keer ooit was al die spelers wat aan die o.13 en o.18 Cravenweek, die o.16 Grant Khomoweek en die o.18 Akademieweek gaan deelneem, vir ’n noenmaal in Windhoek byeen – enersyds om hul nasionale kleure te ontvang, maar ook vir ’n bietjie gees vang voor hul vertrek.
Du Plessis, wat onlangs in sy 50ste toets gespeel het nadat hy self ook as skoolseun o.13- én o.18 Cravenweekrugby gespeel het, het die jong spelers aangemoedig om groot te droom en hul beste te gee, maar nederig te bly. Hy het die belangrikheid van respek tussen die spelers onderling asook teenoor die afrigters beklemtoon.
Me. Elizma Theron van die Namibië Rugby-unie (NRU) het die spelers namens die president, mnr. Bradley Basson, daarop gewys dat dit ’n reuse-eer is om vir jou land op die veld te draf.
“Dit is moontlik dat van julle (o.18’s) wat vandag hier sit, vir Namibië tydens die volgende Wêreldbekertoernooi in Japan kan uitdraf.”
Mnr. Frik Oosthuizen, besturende direkteur van Coca-Cola Namibië wat al die spanne se hoofborg is, se boodskap was op die man af: “Gaan en loop oor hulle. Gaan wys hulle wat Namibië kan doen.”
Mnr. Walter Haseb, waarnemende hoofadministrateur van die Sportkommissie, het in ’n toespraak namens minister Jerry Ekandjo van sport, jeug en nasionale diens gesê sport het die vermoë om die wêreld te verander.
Haseb sê buiten dat dit fiksheid, gesondheid en ’n goeie selfbeeld bevorder, bou sport ook gemeenskappe, integreer dit mense van verskillende taal- en etniese groepe en voorkom dit jeugmisdaad deurdat jongmense uit die kwaad gehou word en praktiese lewenslesse leer.
Haseb sê sport kan ook ’n land se aansien in die internasionale gemeenskap bevorder wanneer nasionale spanne in die buiteland presteer.
Die o.13’s en o.16’s se toernooie begin beide komende Maandag in die Paarl, terwyl die twee o.18-spanne ’n week later in Durban begin meeding.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie