Titel vir 19-jarige Flame
Titel vir 19-jarige Flame

Titel vir 19-jarige Flame

Boks
Andrew Poolman
Die junior liggewigbokser Flame Nangolo (Special One) is Vrydagaand as die nasionale kampioen bekroon nadat hy die gesoute opponent Abraham Ndaendapo (Energy) in die hoofgeveg van AC Boxing se Rising Stars-geleentheid verslaan het.

Die 19-jarige Nangolo het sy sesde oorwinning in die beroepskryt behaal teen verreweg sy mees ervare teenstander nóg – die 39-jarige Ndaendapo wie se rekord op 17 oorwinnings en nou sewe nederlae bly vassteek het.

Ndaendapo is ’n gewese houer van die IBF Afrika-titel en het sedert sy debuut in 2007 oorwinnings teen bekende hardebaarde soos Peter Malakia (twee keer), Samuel Kapapu (twee keer) en die Suid-Afrikaners Thembani Hobyani en Bongani Mahlangu behaal.

By die NamPower Convention Centre het Nangolo egter die drie beoordelaars oor ten volle oortuig.

Angel Simasiku het elkeen van die tien rondes aan Nangolo toegeken (100-90) terwyl Sebelum Shimwafeni en Philemon Mweya op 99-91 saamgestem het.

Nangolo het agterna opgewonde gesê die nasionale titel is beloning vir harde werk.

“Ek het al verskeie ander boksers uitgedaag wat nie teen my wou veg nie. Ek is bly ek kon teen Ndaendapo veg en in elke ronde goed vaar. Die nasionale titel is die begin van groter dinge.”

Die weltergewig Harry Simon Junior het sy onoorwonne rekord tot 15-0 opgestoot met ’n puntesege teen Steven Shimbonde.

Nog ’n weltergewig, Alfeus (Mosquito) Shaanika (nou 4-0) het met punte teen Hedison Nghipondoka gewen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!