Titelhouer tree toe tot 2019 ligawedloop
Selfs sonder 'n string nasionale spelers stoot Wanderers môre drie spanne in die veld.
Andrew Poolman - Die spontane toestroming van spelers tydens die afseisoen na die land se heersende kampioen-rugbyklub, FNB Wanderers, het vir afrigter Vince Dreyer in die posisie geplaas waar hy dalk eerder moet besluit wie om weg te laat, as wie om te kies.
Die Wit Hingste skop hul aanslag op die Namibië Rugby-unie (NRU) se premierliga môre op hul tuisveld in Pionierspark af teen Kudus van Walvisbaai (15:45).
Wanderers het op die openingsnaweek 'n loslootjie gehad en bevind hom dus nog op 'n nulletjie teen die voorlopers Trustco United en FNB Unam, wat beide laas naweek die maksimum vyf ligapunte verdien het deur minstens vier drieë in hul oorwinnings te druk.
Trouens, elke span het laas naweek minstens een verloorbonuspunt verdien, want geen wedstryd is met meer as drie punte gewen nie.
Uit die nasionale groep is die flank Christo van der Merwe die enigste wat die naweek vrystelling gekry het om vir Wanderers te speel. Maar nóg vyftien spelers in die nasionale groep is vanjaar by dié klub geregistreer.
Manne soos AJ de Klerk, Adriaan Booysen, Denzil van Wyk, Janry du Toit, JC Greyling, Johann Tromp, Mahco Prinsloo, Rohan Kitshoff en Ruan Ludick is almal reeds bekendes in die wit trui, maar die aansluiting van André Rademeyer (WP Akademie), Cliven Loubser en Peter Diergaardt (Blou Bulle o.20), Darryl de la Harpe en Eugene Jantjies (Western Suburbs) en PW Steenkamp (UJ) in Pionierspark laat die wenkbroue lig.
Afrigter Vince Dreyer is deeglik bewus dat die genoemde manne selde beskikbaar vir klubrugby gaan wees in 'n Wêreldbekerjaar met 'n druk program vir die nasionale groep.
Die tuisklub se tweede span speel soos gebruiklik in die reserweliga teen Kudus II (14:00), terwyl Wanderers se derde span môre vriendskaplik teen Vipers speel (12:30)
FNB Wanderers: 15 Léan Stoop, 14 Nandivatu Karuuombe, 13 Jamie Joseph (onderkaptein), 12 Brandon Groenewald, 11 Tuna Amutenya, 10 MP Pretorius, 9 Dian von Solms, 8 Riaan de Klerk, 7 Dirk de Meyer, 6 Christo van der Merwe, 5 Stef Botha, 4 Kevin Vorster, 3 Quinton Esterhuizen (kaptein), 2 Stefan Hattingh, 1 Petri Burger.
Reserwes: JC du Plessis, Ignus Tripodi, Johan Meyer, Dawn Marondedze, Edwardo Nel, Stiaan van der Merwe, Bredell Wessels.
Kudus: 15 Aurelio Plato, 14 Cameron Stevens, 13 Lloyd Jacobs, 12 Marvin Kotzee, 11 Vernon McKay, 10 Ulriato Lawrence, 9 Percy Nash, 8 Ngumee Nguaiko (kaptein), 7 Joshua Jacobs, 6 Virgil Bampton, 5 Cody Naholo, 4 Lezardo Vos, 3 Anthoney Hoebeb, 2 Dario Benson, 1 Sydney Haulupe.
Reserwes: Eladio Jenecke, Lorenco Calaza, Edward Appollis, Cosmos Mogane, Keeane Wellman, Donovan Hummel, Rayton Paulse.
• Trustco United en FNB Western Suburbs, wat beide wenpunte op die openingsnaweek ingepalm het, raak vanaand by Gemsbokpark slaags (20:00).
Botsings tussen die twee klubs het die afgelope seisoene vir goeie wedywering gesorg. Beide het die nuwe seisoen onder nuwe afrigters begin.
• In môre se ander wedstryd het FNB Unam die tuisvoordeel teen Reho Falcon. Die studentespan se geesdriftige “Red Army” ondersteuners kan vir die eerste keer sien hoe die nuwe spelersgroep in 'n heropboufase vir die klub presteer.
ONDER 20'S DEUR NA FINAAL
Senegal se twee drieë was gister vergeefs toe Namibië se o.20-span met sewe drieë geantwoord het om die openingswedstryd van Rugby-Afrika se Barthes O.20-bekertoernooi in Nairobi met 45-12 te wen.
Afrigter Johan Diergaardt se jonges kom dus Sondag om 18:00 (Namibiese tyd 17:00) in die finaal teen Kenia te staan, wat sy standpunt gestel het deur Tunisië met 73-0 te vermorsel.
Die kampioen dring deur tot die Wêreldrugby O.20 Trofee-toernooi in Julie in Brasilië.
“Ons het maar gesukkel met ritme en het soms ongeduldig geraak, maar ons kan net verbeter,” het Diergaardt agterna laat weet. Sy span was rustyd met 19-7 voor.
“Gerhard Opperman (stut) is ná net twee minute met 'n besering vervang en 'n paar ander spelers het ligte skete wat ons sal evalueer.
“Denzo Bruwer (losskakel) is deur die organiseerders as speler van die wedstryd aangewys. Ander uitstaande vertonings was ook deur Brendan Nortjé (slot), Roaldo Rittmann (flank) en Darryl Wellman (vleuel).”
Namibië se driedrukkers was Amutenya Amutenya (agtsteman), Denzo Bruwer (2), Elmarco Beukes (vleuel), Darryl Wellman (vleuel) en Lincoln Beukes (plaasvervanger-vleuel). Bruwer het met vyf doelskoppe geslaag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie