Titels in langbad wink vir swemmers
Titels in langbad wink vir swemmers

Titels in langbad wink vir swemmers

Swem
Die afgelope week se goeie vertonings by die CANA Streek 4-kampioenskap sal as ’n aansporing vir Namibiese swemmers dien om komende nawek hierop voort te bou in die

Die Namibiese span het in die tweede posisie op die medaljelys geëindig ná afloop van die kampioenskap in Gaborone, Botswana.

Oliver Durand en Ariana Naukosho was die wenners van die ludorum-pryse vir die ouderdomsgroep onder 12, terwyl Heleni Stergiadis net soos verlede jaar in Windhoek die victrix ludorum vir meisies 17 jaar en ouer was.

Namibië se medaljetotaal is net deur Zimbabwe oortref, terwyl hulle beter as Angola, Botswana, eSwatini, Malawi, Mauritius, Mosambiek, Madagaskar, Suid-Afrika, Seychelle, Tanzanië, Uganda en Zambië geëindig het.

Die tweede posisie was ’n herhaling van verlede jaar se vertoning by die CANA-streekkampioenskap in Windhoek, hoewel Namibië toe as gasheerspan ’n groter span swemmers in die veld gestoot het.

Die afgelope naweek was ’n besige een vir swemmers, insluitend ’n paar meesters wat in die MAD Swim vanaf Walvisbaai se Pelican Point tot by die Mole op Swakopmund geswem het. Die toestande was gunstig en deelnemers het hierdie seldsame uitdaging terdeë geniet.

Vanmiddag is egter reeds weer die eerste dag van die Bank Windhoek Namibiese nasionale langbadkampioenskap by die munisipale swembad in Olympia. Die byeenkoms duur tot Sondag omstreeks die middagtyd.

Organiseerders hoop dat die nasionale toerlede weer die fokus en energie sal hê om ook by die nasionale kampioenskap goeie prestasies te lewer.

Altesame 179 swemmers van sewe klubs sal meeding, met ’n groottotaal van 1489 inskrywings in die onderskeie items.

Die deelnemende klubs is Aqua Swimming & Fitness Club, Dolphins, Flippers-swemakademie, Marlins, Oranjemund Shand Sharks, Phoenix-swemakademie en Swakopmund.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!