Tito moet aftree, meen Cosatu
Tito moet aftree, meen Cosatu

Tito moet aftree, meen Cosatu

Cosatu wil hê Tito Mboweni, minister van finansies, moet sy eie advies volg en aftree.

Michale Shingange, adjunkpresident van die vakverbond, het in ’n onderhoud in Johannesburg gesê Cosatu het dit in Oktober toe Mboweni in die plek van Nhlanhla Nene as minister van finansies, aangestel is dit duidelik gemaak dat dit net ’n tydelike stap behoort te wees.

“Hierdie is ’n man wat sê mense wat 55 jaar oud is moet aftree want hulle is te oud,” sê Shingange.

“Dit sal vir ons ’n groot skok wees as Tito Mboweni homself ná die verkiesing in Mei steeds beskikbaar stel as minister van finansies.”

Volgens Shingange is dit iets wat Cosatu sal teenstaan.

Cosatu se probleem met Mboweni (60) is nie noodwendig sy ouderdom nie want hulle het pres. Cyril Ramaphosa wat 66 is gehelp om in sy posisie te kom. Cosatu is wel gekant teen Mboweni se standpunt oor staatsondernemings omdat hy sê hulle het te veel personeel en behoort verkoop te word - wat ideologies in stryd is met Cosatu se sosialistiese beleid.

Mboweni het met sy begrotingsrede in Februarie voorgestel dat die regering vroeë-aftreepakkette bied aan staatsdienswerkers van 55 en ouer om die staat se salarisrekening te help sny. Hy het in ’n onlangse onderhoud met Power FM gesê dis tyd vir ou mense om af te tree en die jong mense kans te gee om die land te bestuur.

Mboweni, voorheen president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank en ’n vorige minister van arbeid, het lof van vakbonde gekry toe hy in die middel 1990’s nuwe arbeidswetgewing ingestel het, maar hy is dikwels deur Cosatu gekritiseer in sy tyd by die Reserwebank want Cosatu het gemeen sy monetêre beleid was te stram.

Nog ’n minister waaroor Cosatu omgekrap is, is Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, wat toesig hou oor Eskom en dit in drie afsonderlike eenhede wil verdeel. Cosatu meen dit sal tot privatisering en werkverliese lei.

Gordhan (70) is aangestel om vertroue en geloofwaardigheid by Eskom te help herstel. Maar die gedurige kragonderbrekings en krisisbestuur by Eskom wys hy misluk daarmee, sê Shingange.

“Ons moet die irritasies van Tito Mboweni en Pravin Gordhan opweeg teen die vordering wat ons gemaak het en die toegang wat ons tot die regerende party het wat invloed op beleidsrigting betref,” sê hy. – Bloomberg/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!