Tito se plan help – maar ook nié
Hoewel die plan wyd geloof word vir grondige navorsing en sinvolle voorstelle is daar groot onsekerheid oor of dit vakbonde se besware sal oorleef.
Hanlie Stadler – Suid-Afrika kry dit maar net nie reg om beleggers gerus te stel oor ekonomiese en fiskale beleid nie.
Die Noordwes-Universiteit se indeks van beleidsonsekerheid het in die tweede kwartaal opnuut gestyg teenoor die tweede kwartaal. Dit is nou 53,1 punte teenoor 52,9. Enige punt bo 50 beteken daar heers groot onsekerheid oor beleid; hoe hoër die punt, hoe slegter is dit.
Die styging kom nadat nóg ’n speek in die wiel van beleidsekerheid gegooi is – dié keer die tesourie se nuwe “groeiplan” om die ekonomie aan die brand te skop.
Hoewel die plan wyd geloof word vir grondige navorsing en sinvolle voorstelle wat ook aansluit by die Nasionale Ontwikkelingsplan, is daar groot onsekerheid oor of dit vakbonde se besware sal oorleef.
Prof. Raymond Parsons, ekonoom van die universiteit ser sakeskool, sê die tesourie se plan bevat “pragmatiese oplossings wat Suid-Afrika in staat kan stel om uit sy laegroei-strik te breek.
“As dit behoorlik in werking gestel word, bied dit die vooruitsig dat ’n meer stabiele en voorspelbare beleidsomgewing geskep sal word vir beleggersvertroue en werkryke groei.”
Faktore wat beleidsonsekerheid hoog hou, sluit in:
· Die swak ekonomie;
· Die staat se kwesbare geldsake;
· Misdaad en geweld;
· Interne politieke geskille;
· Eskom;
· Moody’s Investors Service se graderingsbesluit op 1 November; en
· Die risiko dat die tesourie se groeiplan nié suksesvol in werking gestel sal word nie.
Parsons sê die jongste indeks van beleidsonsekerheid bevestig die baie belangrike bydrae wat die regering tot die ekonomie kan maak, is om die onsekerheid te verminder wat sy eie beleid en optrede veroorsaak.
Heelwat navorsing het al die verband tussen beleidsonsekerheid en investering, werkskepping en produksie bevestig.
Hy sê Tito Mboweni, minister van finansies, se mediumtermynbegrotingsraamwerk op 30 Oktober en die tweede presidensiële beleggingsberaad, vanaf 5 tot 7 November, is ideale geleenthede om beleidsekerheid te verhoog.
Wêreldwye faktore wat onsekerheid oor wêreldhandel verhoog, sluit steeds Brexit in.
Parsons sê dit help baie dat Suid-Afrika nou ’n handelsooreenkoms met Brittanje gesluit het wat verseker dat handel onveranderd voortgesit sal word, ongeag hoe Brittanje op 31 Oktober die Europese Unie (EU) verlaat. Logistieke ontwrigting kan egter steeds verwag word as Brittanje geen ooreenkoms met die EU bereik nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie