Tito verras met BTW wat dieselfde bly
Tito verras met BTW wat dieselfde bly

Tito verras met BTW wat dieselfde bly

Elvira Wood - Ondanks bespiegelinge dat belasting op toegevoegde waarde (BTW) waarskynlik verhoog sal word, het Tito Mboweni, minister van finansies, almal verras en dit onveranderd op 15% gelaat.

In aanloop tot die begrotingsrede van Woensdag het sommige ekonome gemeen dat die minister geen keuse gaan hê as om dit te verhoog nie.

Die ekonome wat aan Netwerk24 se peiling in aanloop tot die begrotingsrede deelgeneem het, was wel baie verdeeld hieroor.

Emile du Plessis, ekonoom by Finometrica, het verwag dat die koers onveranderd gelaat sou word.

“ ’n BTW-verhoging gaan die laerinkomstegroepe die meeste raak en te midde van lae ekonomiese groei, gaan dit onveranderd gelaat word om besteebare inkomste te ondersteun.”

Ulrich Joubert, ’n onafhanklike ekonoom, het ook gesê daar is nie enige ruimte vir verdere belastingverhogings nie. “Die klem moet op die bestedingskant val om korrupsie, wanbesteding en vermorsing stop te sit, asook om die (staat se) salaris- en loonrekening te laat krimp.”

Mike Schüssler, hoofekonoom by Economists.co.za, het wel ’n styging van 1 persentasiepunt verwag.

“Die minister moet ’n begrotingstekort van 6,7% van die bruto binnelandse produk (BBP) vul. ’n Hoër BTW-koers kan ’n bykomende R25 miljard vir die staat verdien.”

Chris Harmse, ekonoom by Rebalance Fund Managers, het ook gedink dat ’n BTW-verhoging van 1 persentasiepunt aangekondig sou word. “Die belastingbasis is net te klein en weens die verwagte swak ekonomiese groeikoers gaan Mboweni verplig wees om dit te verhoog.”

Die tesourie skryf in die begroting dat verbruikers tans bloot net onder te veel druk is en dat daar nie verwag kan word om meer geld vir die staat deur middel van belasting in te samel nie.

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!