Titus wen saak teen NHE
Catherine Sasman - Die hoërhof het Vrydag mnr. Elton Khoitage !Gaoseb, raadslid van die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE), se aanwysing en aanstelling as waarnemende hoof van die instelling as onwettig verklaar.
Hoewel dié hofbevel ingehaal is deur die permanente aanstelling op 1 Julie van mnr. Gisbertus Mukulu, ’n aanstelling wat ook betwis word, het regter Hosea Angula homself uitgespreek oor die NHE-wysigingswet van 2000 wat dit duidelik stel dat ’n raadslid nie as hoof uitvoerende direkteur van die instelling aangestel mag word nie.
Die wysigingswet bepaal dat die NHE-raad met die goedkeuring van die minister, ’n persoon, buiten ’n raadslid, as die hoof uitvoerende beampte mag aanstel.
Die hofuitspraak is in teenstelling met ’n vroeër verklaring van die kantoor van die prokureur-generaal wat, sonder om oorweging aan die wysigingswet van 2000 te skenk, gesê het dat ’n raadslid ook as personeel van die instelling beskou kan word.
Regter Angula het gesê die NHE as ’n staatsinstansie is ’n wese van die wet en kan slegs binne die raamwerk van die wet optree.
!Gaoseb is September verlede jaar vir 12 maande as die waarnemende NHE-hoof aangestel nadat mnr. Vinson Hailulu se kontrak aan die einde van Augustus verstryk het.
Die voorsitter van die NHE-raad, mnr. Sam Shivute, het die aanstelling geregverdig deur te sê mededingende personeellede van die NHE kon nie as hoof oorneem nie.
!Gaoseb se aanstelling was ook deur die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, me. Sophia Shaningwa, goedgekeur.
Mnr. Willem Titus, die senior bestuurder van bedrywighede en sake-ontwikkeling, het aangevoer hy kwalifiseer vir die pos en het aangedui dat hy reeds 15 jaar vir die instelling werk terwyl !Gaoseb nooit daar gewerk het nie. Hy het ook beklemtoon dat hy verskeie male vir Hailulu as waarnemende hoof moes optree.
Regter Angula het gesê dit is op sigself ’n aanduiding daar was wel geskikte personeellede wat as die waarnemende hoof aangestel kon word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie