Tjivambi weer haastigste deur middestad
Die langasems Aaron Tjivambi en Sofia Nambambi het onderskeidelik die mans- en vrouewedloop van die jaarlikse Nedbank Citi Run-marathon oor 42.2 kilometer in die hoofstad gewen.
Die wedloop wat op ’n yskoue Sondagoggend by die Zoopark in Windhoek se middestad weggespring het, het ook daar geëindig. Tjivambi het in 2013 en 2014 dieselfde wedloop gemaklik ingepalm, maar verlede jaar het dié eer Eliphas Shuuya te beurt geval toe hy Martin Ntinda van Nampol in ’n tyd van 2 ure 34 minute geklop het.
Tjivambi se wentyd in 2014 was 2:32:23. Sy nuutste wedloop was net effens stadiger op 2:33:03.
Naaste aan hom was Erich Goeieman van Walvisbaai, wat boonop die verskil in hoogte bo seespieël te bowe moes kom. Sy tweede plek was sowat drie minute agter die wenner.
Tjivambi, ’n soldaat van die Namibiese weermag, het ná die ren aan Nampa gesê hy is deur ’n goed georganiseerde byeenkoms geïnspireer om goed te vaar en dit was bevredigend om as oorwinnaar uit die stryd te tree.
“Die byeenkoms was werklik goed georganiseer en die roete was straf met baie bulte. In die geniepsige koue van die oggend was dit rêrig nie maklik om te hardloop nie. Hierdie wedloop was net die regte medisyne vir my voorbereiding, want ek gaan binnekort weer aan ’n marathon deelneem,” het die wenner vertel.
Nambambi het saamgestem dat die bultagtige roete allesbehalwe maklik was.
“Ek het vandag nie veel kompetisie gehad nie; dit was net die wind en die opdraandes wat my opgekeil het. Dit voel wonderlik om as die 2016 vrouekampioen bekroon te word, want dit spoor my aan om net nog harder te werk vir die volgende wedloop waaraan ek wil deelneem,” het Nambambi gesê.
Bykans 900 mense het vir die onderskeie kategorieë ingeskryf en hoewel minder by die wegspringstreep aangetree het, was die organiseerders nietemin tevrede met die opkoms.
By die prysuitdeling het Nedbank Namibië as die hoofborg ook as ’n blyk van erkenning tjeks ter waarde van N$5 000 elk oorhandig aan die vier marathonhardlopers wat die land eersdaags by die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro sal gaan verteenwoordig. Die viertal is Helalia Johannes, Beata Naigambo en Alina Armas, asook Mynhardt Kauanivi in die manswedloop.
Die topuitslae van die onderskeie wedlope was soos volg:
10 KM DRAF (mans)
1 Tomas Rainhold (senior mans) 00:31:21.21
2 Reonard Namupala (senior mans) 00:31:28.49
3 Jeremia Shaliaxhwe (senior mans) 00:31:43.85
10 KM DRAF (vroue)
1 Leena Ekandjo (senior vroue) 00:36:31
2 S.M. Nduviteka (senior vroue) 00:41:12
3 Rondengudus Gustaf (junior vroue) 00:44:34
42 KM DRAF (vroue)
1 Sofia Nambambi (senior vroue) 03:25:18.60
2 Risa Dreyer (senior vroue) 03:36:11.74
3 Kirsty Brits (subveteraan vroue) 04:18:56.98
42 KM DRAF (mans)
1 Aron Tjivambi (senior mans) 02:33:03
2 Erich Goeieman (subveteraan mans) 02:35:55
3 Martin Ntinda (senior mans) 02:40:44
21 KM DRAF (mans)
1 Sammy Tum Kipkoech (subveteraan mans) 01:10:01
2 Kefas Kondjashii (senior mans) 01:11:46
3 Elia Uugwamga (senior mans) 01:12:33
21 KM DRAF (vroue)
1 Sarti Eshitile 01:25:47 (senior vroue)
2 Ottile Aimwata 01:27:13 (subveteraan vroue)
3 Ester Haitope (senior vroue) 01:45:40
21 KM STAP (mans)
1 Rakel Akukuthela (subveteraan mans) 02:35:37
2 Frieda Blignaut (grootmeester mans) 02:35:59
3 Erica Ngutjinazo (subveteraan mans) 02:36:10
21 KM STAP (mans)
1 Wendelinus Amesho (senior mans) 2:5:20
2 Salomo David (veteraan mans) 2:5:20
3 Mathias Mutota (veteraan mans) 2:12:03. - Nampa en eie berig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie