Tjongarero storm uit ontmoeting met Tisan
Tjongarero storm uit ontmoeting met Tisan

Tjongarero storm uit ontmoeting met Tisan

Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die sewesrugby- en netbalspanne van Tisan het voor hul vertrek op oorsese toere ’n verrassing gekry toe hulle Vrydagoggend ’n welwillendheidsbesoek by adjunkminister Agnes Tjongarero gaan aflê het.
Tjongarero het aan die missiehoof, mnr. Werner Jeffery, gevra hoe die spanne saamgestel is wat Tisan (die Tersiêre Instellings sportvereniging van Namibië) gaan verteenwoordig.
Die sewesrugby se wêreldstudentetoernooi begin vandeesweek in Swansea in Wallis, voordat die netbalspan sowat ’n week later na hul toernooi in Miami vertrek.
Jeffery het verduidelik dat proewe in beide gevalle oor die laaste 12 maande gehou is wat oop was vir enige Namibiese student, ongeag of hulle binne of buite die landsgrense studeer.
Tisan se sewesrugbyspan het verlede jaar in Brasilië sesde klaargemaak, terwyl die netbalspan agtste uit 12 spanne geëindig het, het hy gesê.
Uit Tjongarero se vrae het dit duidelik geword dat die meeste van die spelers by die Universiteit van Namibië ingeskryf is, met enkeles die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (NUST) verteenwoordig. Enkele rugby- en netbalspelers is ook aan tersiêre instellings in Suid-Afrika verbonde.
Die adjunkminister het hierna pertinent gevra of enige van die teenwoordige spanlede aan enige kampus buite die hoofstad behoort. Toe die antwoord nee is, het sy nie verder doekies omgedraai nie.
Jeffery se verduideliking dat rugby se premierliga-krag byvoorbeeld grootliks in Windhoek saamgetrek is, het nie byval gevind nie.
“Dit is onaanvaarbaar. Julle laat die nasie in die steek. Ek hoop hierdie is die laaste keer dat ’n span só saamgestel word, want ek sal dit nie aanvaar solank ek in dié kantoor is nie. Dit is julle verantwoordelikheid om te verseker dat elke speler in die land ’n regverdige kans kry om gekies te word.
“Aan die ander kant, baie geluk aan die spelers. Julle is gekies en het nou die verantwoordelikheid om te wys dat julle waardig is. Sorg dat daar nie vingers gewys kan word oor jul prestasie nie.”
Die sewesrugbyspan is saam met Brittanje, Australië, Italië en Tsjeggië gegroepeer. Groep B is Frankryk, Argentinië, Kenia, Spanje en Maleisië. Dié kompetisie begin Donderdag.
• Tjiuee Uanivi, die slot wat Saterdag vir die eerste keer kaptein van Namibië was, is ’n voorbeeld van ’n speler wat by die wêreldstudentetoernooi sy kans aangegryp het.
Hy is in Frankryk deur die Top-14 klub Brive raakgesien, van waar hy intussen na die Natal Sharks aanbeweeg het en volgende na die Glasgow Warriors op pad is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!