Tobias vat vyf by WBO
Boks
Nestor Tobias is vir die vyfde keer as die beste bokspromotor in Afrika deur die Wêreldboksorganisasie (WBO) aangewys.
Tobias, voorsitter en stigter van die MTC Nestor Sunshine Tobias Boksakademie, is tydens die WBO se konferensie op 'n luukse passasierskip op die Karibbiese see digby Kuba vereer. Sy uitstaande bydrae tot die sport en sy gereelde aanbieding van bokstoernooie met hoë vermaaklikheidswaarde was van die kriteria wat hom bo ander vegknopers laat uitstaan het.
“Daar is geen twyfel by ons dat die MTC Nestor Sunshine Boksakademie die toekenning verdien nie, want hulle is die beste in Afrika. In die bokswêreld is hulle 'n krag om mee rekening te hou en die toekenning is ter ere van uitstekende diens gelewer,” het mnr. Francisco Varcarcel, president van die WBO, gesê.
Tobias is ook verlede Vrydag in die hoofstad tydens die MTC Namibiese Sportkommissie se sporttoekennings weer as die land se voorste afrigter in 2017 aangewys. Met drie gewese wêreldkampioene in Paulus Moses, Paulus Ambunda en Julius Indongo
is sy plek as 'n legende so te sê verseker.
Tobias kon nie self die WBO-okkasie bywoon nie.
“Ons is geëer om deur die WBO raakgesien te word. Daarom aanvaar ons die toekenning nie net vir onsself nie, maar vir die boksers, ons borg MTC en die lojale ondersteuners,” het Tobias in reaksie gesê.
Mnr. Tim Ekandjo, hoof van korporatiewe sake by MTC, sê dit is inderdaad 'n merkwaardige en wêreldklas prestasie wat Tobias en sy span behaal het.
“Hierdie verering wys dat ons 'n wêreldklas borg is, dat Namibië oor wêreldklas boksers beskik en dat ons die beste ondersteuners het, waarop ons baie trots is,” het Ekandjo gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie