'Toe maak VSA soos ons vir hulle gesê het' – Russe
Aanvanklik het die Kremlin gedreig met 'n teenaanval sou missiele afgevuur word. Dit blyk nou dat daar 'n mate van samewerking was.
Rusland het Amerika en sy bondgenote presies gesê waar hulle nie in die bomaanval op Siriese opslagplekke vir chemiese wapens mag bomme gooi nie – en Amerika, Frankryk en Brittanje het geluister, het Sergei Lawrof, die Russiese minister van buitelandse sake, gesê.
Volgens Sky News het hy vertel daar was kontak tussen militêre leiers van die lande en die koalisieleiers van die VSA, Brittanje en Frankryk.
“Hulle is ingelig oor ons rooi sperstrepe en die resultaat was dat hulle nie daar oortree het nie.”
Die koalisie het 105 missiele afgevuur na aanleiding van 'n aanval op die Siriese stad Doema waar op 7 April meer as 40 mense dood is weens die vermoedelike gebruik van chemiese wapens.
Aanvanklik het die Kremlin gedreig met 'n teenaanval sou missiele afgevuur word. Dit blyk nou dat daar 'n mate van samewerking was, berig Sky News.
Rusland, 'n bondgenoot van Sirië, ontken dat chemiese wapens gebruik is. Inspekteurs van die Organisasie vir die Verbod op Chemiese Wapens (OPCW) is egter nog steeds nie toegelaat om die gebied waar die aanval was te besoek nie.
Lawrof sê wel Rusland voel nou ná die missielaanval geen morele verpligting meer om nie S-300-missiele aan Sirië te verkoop nie.
“Ons het tien jaar gelede belowe om dit nie te doen nie en was daarom moreel verbind. Maar nou het ons nie meer daardie morele verpligting nie.”
Kenners sê S-300-grond-tot-lug-missiele sal Rusland se vermoë om Sirië se lugruimte te beheer 'n hupstoot gee. Russiese magte in die land ondersteun pres. Basjar al-Assad.
Lawrof het volgens die Russiese nuusagentskap RIA gesê hy glo nie pres. Wladimir Poetin en pres. Donald Trump sal toelaat dat 'n militêre konfrontasie tussen die twee lande ontstaan nie.
“Ek is 100% seker daarvan. Hulle is die leiers wat deur hul mense gekies is en hulle is verantwoordelik vir vrede en kalmte.”
Luidens die Russe se departement van buitelandse sake het Trump per telefoon die Russiese president uitgenooi om Amerika te besoek. Hy het glo gesê hy sal bly wees om Poetin in die Withuis te ontvang. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie