Toe skole raak armes die ergste
In die grendeltydperk het kinders ’n gemiddeld van 76 skooldae in die primêre fases en 67 skooldae in die sekondêre fase verloor.
Henriette Lamprecht – Altesaam 804 791 primêre en sekondêre leerlinge, wat een derde van die bevolking verteenwoordig, was nie in die skool toe Namibië in Maart verlede jaar sy grendeltydperk binnegegaan het nie.
’n Jaar later het ses uit tien leerlinge wêreldwyd met die heropening van skole nie weer na die skoolbanke teruggekeer nie. Plaaslik was dit veral leerlinge uit arm en kwesbare gemeenskappe wat deur die krake geval het. Tans is skole weens Covid-19-regulasies vir ’n vroeë wintervakansie gesluit, met die opening wat van 26 Julie na 4 Augustus en moontlik langer uitgestel is.
Volgens ’n gesamentlike verslag deur Unicef Namibië en die Europese Unie (EU) se afvaardiging in die land, is dit dikwels die armste en die mees kwesbare wat moontlik nooit weer terugkeer nie, iets wat hulle aan “verskriklike risiko’s” blootstel.
Dit sluit in gedwonge kinderarbeid, kinderhandel, seksuele mishandeling of kinderhuwelike.
Die verslag beklemtoon met noodsaaklike gesondheid, voeding, immunisering en kinderbeskermingsdienste (ECD) wat onderbreek, is kinders meer blootgestel aan wanvoeding, siekte, geestessiektes en mishandeling. Veral meisies het ‘n groter risiko om vroeg in ‘n huwelik gedwing te word en om swanger te raak.
Kinders wat ook vroeë kinderontwikkelingsdienste misloop, is nie in staat om ‘n sterk grondslag vir onderrig en leer te ontwikkel en hul volle potensiaal te bereik nie en het sodoende reeds ‘n agterstand voordat hulle nog die stadium van formele onderrig bereik.
Dié wat wel terugkeer skool toe, het weer volgens die verslag nuwe uitdagings soos om verlore tyd in te haal, maskers, sosiale afstand, gebrek aan geriewe vir handewas en hul ouers se vrees vir die pandemie.
Die grendeltydperk het ook daartoe gelei dat kinders ‘n gemiddeld van 76 skooldae in die primêre fases en 67 skooldae in die sekondêre fase verloor het.
Die digitale gaping is deur Covid-19 net nog verder verbreed met veral die gapings in internettoegang wat toenemend groter raak. Volgens die verslag word dit op beide makrovlakke gesien waar skoolstelsels sukkel om te verseker alle studente het gelyke digitale toegang en geleenthede vir virtuele onderrig en op mikrovlak waar kleinkinders hul grootouers leer hoe om Zoom en Facetime te gebruik om veral tydens kwarantyn in kontak te bly.
Volgens ‘n verslag van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sal die meeste kinders die kans misloop om tydens die grendeltydperk en skole wat gesluit bly weens die pandemie, soos die digitale gaping verdiep, tuis te kan leer.
Dit beteken hulle raak al hoe meer agter met hul werk wat die vooruitsig om weer na die skoolbanke terug te keer “meer skrikwekkend” vir hulle en hul onderwysers maak.
Kinders met visuele, gehoor- en leergestremdhede verbeur ook hul kans weens die gebrek aan ondersteuning van hul ouers om hul spesifieke behoeftes te bowe te kom.
“In baie opsigte is die kinders wat met gestremdhede leef, die mees ongelukkiges,” lui die verslag.
Vir die pad vorentoe beklemtoon die verslag alternatiewe om gelyke toegang en kwaliteit in die huidige omstandighede te verbeter, is egter wel moontlik.
Unicef en die EU maan egter dit beteken versterkte vennootskappe.
“Onlangs het ons indrukwekkende verandering gesien met die aanbied van onderrig aanlyn, op televisie, die radio en via selfone. In Namibië het ons gesien leerlinge in verafgeleë, kwesbare en gemarginaliseerde gemeenskappe wat toegang tot voortgesette onderrig het deur die ontwikkeling, druk en verspreiding van 3,4 miljoen boekies vir graad 7-leerlinge asook die druk van onderrigmateriaal in braille vir leerlinge wat met gesiggestremdhede leef.”
‘n Openbare-private-vennootskap met ‘n private televisiestasie het aan Namibiese leerlinge en volwassenes ook toegang tot onderrigmateriaal en ekstra lesse deur middel van die LearnOnOne-televisieprogram gebied.
Met verwysing na die finansieringsbegrotings van onderwys, maan die agentskappe dié begrotings moet teen besnoeiings midde die globale ekonomiese krisis beskerm word en moet onderwys gesien word as deel van die Covid-19-herstelplan.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie