Toegang tot inligting is enjin vir positiewe verandering
Namibiese wetgewing in 2017 verwag
Vanjaar op 28 September word die internasionale dag vir universele toegang tot inligting vir die eerste keer herdenk.
Die dag het voortgevloei uit die aanvaarding van Unesco se resolusie 38 C/70 wat verlede jaar op 17 November aanvaar is.
Gelyke universele toegang tot inligting is volgens die Verenigde Nasies ‘n kragtige enjin vir positiewe verandering, groter geleenthede om ongelykheid te oorbrug, diegene wat gemarginaliseer is te bereik, kennis te skep en te deel, ander kulture te ontdek en die fondamente van demokratiese instellings te versterk.
Volgens die adjunkminister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Stanley Simataa, hoop Namibië om teen September volgende jaar die lankverwagte wet op toegang tot inligting aanvaar te kry.
Hy het Vrydag tydens ‘n konferensie oor toegang tot inligting in Windhoek gesê die regering is gretig om die wetsontwerp vroeg in 2017 in die Nasionale Vergadering ter tafel te lê nadat die kabinet goedkeuring daartoe verleen het.
Adv. Pansy Tlakula, die voorsitter en spesiale rapporteur oor vryheid van uitdrukking en toegang tot inligting in Afrika van die Afrika-kommmissie vir mense- en volkereg (ACHPR), het by die geleentheid gesê die groot uitdaging met die implementering van toegang tot inligting is om die kultuur van geheimhouding by staatsamptenare te verander.
Tog meen sy daar is ‘n opregte politieke wil by die Namibiese regering om die voorgestelde wetgewing ‘n werklikheid te maak.
Sy wys ook op die moeilike taak wat vir regeringsinstansies voorlê om hul huis in orde te kry en rekordhouding en bestuur te verbeter.
“Waar rekords nie behoorlik gehou of bestuur word nie, is dit moeilik vir regeringsamptenare om inligting aan die publiek te verskaf,” het Tlakula gesê.
Sy het aan die hand gedoen dat die regering ‘n onafhanklike liggaam tot stand bring om oor die proses toesig te hou en dat so ‘n liggaam oor werklike afdwingbare magte moet beskik. Die publiek moet ook die geleentheid kry om by hierdie instansie aan te klop wanneer hulle toegang tot inligting geweier word.
Volgens haar dra toegang tot inligting by tot deursigtigheid en verbeter staatsbestuur.
Tlakula se voorts beperkings op toegang tot inligting moet redelik en met geregverdigde doelwitte wees.
Simataa het op sy beurt gesê Namibië kan baie uit die voorbeelde van ander lande oor toegang tot inligting leer.
Hy sê wanneer die wet op toegang tot inligting in werking is, sal die regering die wetgewing in al die inheemse tale moet vertaal en beskikbaar stel ten einde die publiek bewus te maak van hul regte.
“Ons kan as lande nie ons mense gyselaar hou deur hulle toegang tot inligting te ontneem nie. Wanneer mense nie toegang tot inligting het nie, hoe kan hulle vrygemaak word en hoe kan hul regte bevorder word?” het Simataa gesê.
Die Afrika-platform se verklaring van toegang tot inligting is op 19 September 2011 in Kaapstad aanvaar en gee leiding aan lande vir die implementering en inwerkingstelling van wetgewing op toegang tot inligting. In die dokument word uiteengesit hoe sodanige wetgewing bevorderlik vir geslagsgelykheid, gesondheidsopvoeding, onderwys, deursigtigheid en die bekamping van korrupsie is.
Die verklaring erken nie net toegang tot inligting as basiese mensereg nie, maar ook as ‘n reg wat noodsaaklik is vir ontwikkeling, demokrasie, gelykheid en die verskaffing van openbare dienste.
Boonop is dit ‘n katalisator vir aanspreeklikheid, deursigtigheid, goeie staatsbestuur en die genieting van fundamentele regte. Alle groepe, insluitende gemarginaliseerde groepe soos vrouens, kinders, landelike mense, armes en mense met gestremdhede, moet voordeel uit vrye toegang tot inligting trek.
In die verklaring deur die Afrika-platform word die Windhoek Verklaring van 1991 op die bevordering van onafhanklike en pluralistiese media in Afrika as grondslag erken.
Die reg tot toegang tot inligting word ook ingevolge Artikel 9 van die Afrika Handves vir Mense- en Volkereregte erken.
Die uitgangspunt is dat alle inligting wat deur openbare instansies gehou word, openbaar is en as sodanig onderhewig aan bekendmaking is.
Volgens die Afrika-platform se verklaring moet alle lande in Afrika wetgewing aanvaar wat toegang tot inligting verseker.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie