Toegang tot water, sanitasie skiet ver te kort
Toegang van mense wêreldwyd tot water en sanitasie is tans in Egipte onder die soeklig.
Ronelle Rademeyer – Die wêreld is nie op koers om die Verenigde Nasies (NV) se teikens vir volhoubare ontwikkelingsdoelwit (SDG’s) oor toegang tot water en sanitasie te bereik nie.
Sowat 2,2 miljard mense, of ’n derde van die wêreldbevolking, het nie toegang tot veilige drinkwater nie; 4,2 miljard mense se sanitasiegeriewe skiet te kort en 3 miljard mense het nie basiese geriewe tuis om te kan hande was nie.
Verder sal nagenoeg 700 miljoen mense teen 2030 vanweë klimaatsverandering na ander dele moet trek weens ’n skaarste aan water in die gebiede waar hulle tans woon.
Dis teen hierdie agtergrond wat lande se waterowerhede en kenners oor water en sanitasie vandeesweek in Kaïro, Egipte, die jaarlikse waterweek bywoon.
Namibië se minister van landbou, water en grondhervorming, Calle Schlettwein, woon dit by.
Hy het Maandag aan ’n beleidsgesprek oor waterskaarslande en die bereiking van die SDG’s oor water en sanitasie in dié lande deelgeneem.
Hy het beklemtoon dat Afrikalande nie op koers is om seker te maak mense het toegang tot hierdie basiese dienste nie.
Hy het verder Namibië se ervaring in die watersektor gedeel en gesê die land word swaar deur klimaatsafwykings en -verandering geraak, wat erger water- en voedselonsekerheid vir die land skep.
Die organiseerders van dié waterweek sê in ’n inligtingsdokument klimaatsverandering lei tot veranderlikheid in die watersiklus, wat die hoeveelheid water wat vir menslike gebruik beskikbaar is, moeiliker bestuurbaar maak. Dit het ’n impak op samelewings en ekosisteme.
’n Noue verband bestaan tussen waternood en klimaatsverandering. “Die toenemende frekwensie en erns van uiterste gebeurtenisse soos hittegolwe, stortreën, donderstorms, siklone, tifone en orkane maak samelewings toenemend kwesbaar vir waterverwante rampe,” word in die dokument gestel.
Ongeveer 74% van alle natuurrampe tussen 2001 en 2018 was waterverwant en die afgelope 20 jaar is meer as 3 miljard mense deur vloede en droogtes geraak.
Namate die uitwerking van aardverwarming vererger, word toegang tot water al hoe moeiliker.
“Wêreldwyd kruis meer as 286 riviere en ongeveer 600 waterdraers grense, en byna 90 persent van die wêreld se bevolking woon in lande wat oorgrenswaterbronne deel. Nogtans ontbreek 60 persent van oorgrens-rivierbekkens en ’n veel hoër persentasie gedeelde akwifere steeds enige samewerkende en aanpasbare oorgrensbestuursmeganisme,” blyk dit uit die dokument.
“Die versterking van oorgrenswatersamewerking is noodsaaklik om die waterverwante SDG-teikens en die breër volhoubare ontwikkelingsdoelwitte te bereik. Politieke wil word vereis om oorgrens-optrede ter ondersteuning van die SDG- en ander waterverwante teikens aan die gang te sit of te versnel.”
Die VN se 26ste klimaatsberaad (COP26) begin Sondag in Glasgow, Skotland.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie