Toegang tot water vir Kuvukiland

Augetto Graig
Augetto Graig - “Tsumeb is ’n corona vrye dorp,” volgens die Tsumeb-munisipaliteit se woordvoerder, me. Stella Imalwa.

Toegang tot skoon water om hande te was is ’n prioriteit van die dorpsraad. Hulle poog om inwoners van die Kuvukiland-nedersetting in staat te stel om hulself teen Covid-19 te beskerm.

Kuvukiland het tussen 6 000 en 10 000 inwoners en groot dele is nie vir ’n waternetwerk ingerig nie.

Die munisipaliteit het watertrokke sedert die begin van die inperking beskikbaar gestel om skoon water twee keer per dag aan inwoners, waar daar geen bestaan waterpunte is nie, te verskaf.

Standard Bank Namibia het vier 5 000 liter watertenks geskenk wat onder die dorpsingenieur, mnr. Manuel Pedro, se toesig op 3 meter staalrame opgerig sal word.

Pedro sê die rame word reeds gemaak en die nuwe waterpunte behoort binnekort gereed te wees.

Die dorpsraad en burgemeester het ook die watertoevoer na huishoudings herstel wie se rekeninge agterstallig was. Volgens Imalwa is meer as 220 huise weer aan die waterstelsel gekoppel.

Volgens Pedro is die watertoevoer aan lede van die shack dwellers-vereniging herstel, die voorafbetaalde waterpunt in Ondombo in reggemaak, en in Ndapandula, Omutuli en Soweto word waterkrane tot 3 meter van bestaande toilette verskuif, om higiëne te bevorder.

Imalwa sê Tsumeb het onmiddellik ná pres. Hage Geingob se aankondiging van die noodtoestand in die land gereageer en voorsorgmaatreëls begin toepas. “Meeste besighede is al vanaf Maandag 30 Maart gesluit,” sê sy.

Die munisipale kantore is sedert 1 April gesluit en werknemers kan tot 17 April van die huis af werk. Alle oor-die-toonbank navrae is gestaak, terwyl noodsaaklike dienste aangevra kan word deur die telefoonnommers op die sosialemediablad van die dorpsraad te skakel. Sy sê Tsumeb se inwoners werk saam en kom die noodmaatreëls na.

Alle informele markte en -handel en karwasgeriewe is sedert 1 April gestaak. Die verkoop van alkohol in Tsumeb is verbode, terwyl restaurante, koffiewinkels en kafees slegs wegneemetes mag verkoop. Enige geleenthede van meer as 10 mense word verbied terwyl sosiale afstand aangemoedig word. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 20° | 24° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 21° | 27° Otjiwarongo: 20° | 30° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 19° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 13° | 26° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 16° | 31° Mbabane: 19° | 27° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 16° | 25° Lilongwe: 20° | 32° Maputo: 23° | 33° Windhoek: 19° | 32° Cape Town: 19° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 32° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!