Toekennings van krag tot krag

Alle inwoners is tydens die Namibiese Toekennings vir Volhoubare Ontwikkeling aangemoedig om deel te word van omgewings­vriendelike praktyke wat die ekonomie, gemeenskappe en inwoners in die lang termyn sal bevoordeel.
Dani Booysen
Meer as 90 inskrywings is vanjaar vir die tweede aflewering van die Namibiese Toekennings vir Volhoubare Ontwikkeling (SDA's) ontvang.

Inskrywings het meer as vervyfvoudig sedert die geleentheid in 2015 die eerste keer aangebied is.

“Ons wêreld staar weens die agteruitgang van die omgewing, insluitende besoedeling en klimaatverandering, massiewe bedreigings in die gesig,” het mnr. Benedict Libanda, uitvoerende hoof van die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië (EIF), voor die toekenningseremonie benadruk.

“Ons benodig optrede op elke vlak – van die plaaslike gemeenskap, sake-ondernemings en joernaliste tot wêreldwye toewyding – om hierdie gevare aan te spreek.” Volgens Libanda moet wenners se prestasies as 'n inspirasie dien en is leierskap op die gebied van volhoubare ontwikkeling belangriker as ooit.

Toekennings is op 21 September tydens 'n glansdinee by die Windhoek Buitekluboord oorhandig.

Ondernemings, individue en ander deelnemers het gesamentlike prysgeld van N$172 000 ontvang.

Die toename in inskrywings en die betrokkenheid van verskeie bykomende borge is volgens me. Martha Naanda, vise-voorsitter van die Adviesraad vir Volhoubare Ontwikkeling (SDAC), uiters positiewe tekens. Sy het beklemtoon dat die toekennings verbreed is om groter maatskaplike en ekonomiese vraagstukke aan te spreek, soos vereis deur die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (SDG's).

Nuwe kategorieë is vir SME's en die jeug geskep. Volgens Naanda is 'n belangrike doel met die toekennings om algemene bewustheid oor volhoubare ontwikkeling te bevorder.

Rent-a-Drum, 'n baanbreker op die gebied van herwinning, het die groot prys losgeslaan vir die besigheid of staatsinstelling met die beste rekord as 'n gevestigde bydraer tot volhoubare ontwikkeling. Spesiale krediet is ook gegee aan Rent-a-Drum se vennootskap met Ohorongo Cement om die land se eerste brandstofaanleg te ontwikkel wat deur rommel aangedryf word.

Die bekende Nkasa Lupala Lodge, geleë in een van die baie kanale van die Kwando-Linyanti-rivierstelsel in die Zambezistreek, was die naaswenner in hierdie kategorie.

ANDER WENNERS

Beste SME
1ste Desert Secrets
2de Mbiri Natural Skincare

Beste eko-entrepreneurskap beginnersbesigheid
1ste Qora Trading
2de Fillipus Aitembo

Bestuur en benutting van natuurlike hulpbronne
1ste Namibia Future Farming Trust
2de Nakayale Private Akademie (die Dirk Mudge Trust se skool naby Etunda)

Navorsing en ontwikkeling
1ste Departement van Landbou- en Natuurlike Hulpbronwetenskappe, Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust)
2de Prof. Habauka Kwaambwa

Jeug
1ste Young Achievers Empowerment Project
2de Alisa Volkmann


JOERNALISTIEK

Gedrukte media
1ste Absalom Shigwedha
2de Clemence Tashaya

Radio
1ste Kirsty Watermeyer (99FM)

Sosiale media
1ste Gondwana Collection

Televisie
1ste Blanche Goreses
2de Adolf Kaure

Die toekennings is aangebied deur die SDAC, Think Namibia en die Hanns Seidel-stigting.

Die bykomende borge was Nedbank Namibia, Agribank, die Nasionale Kommissie vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie (NCRCT) en die Finse Ambassade.

Namibia Media Holdings was die organiseerders se mediavennoot.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!