Toekoms blink by Hoërskool Khomas
Octavia Tsibes - By die Hoërskool Khomas dra 828 leerlinge met trots hul skooluniform.
Die skool is in 2003 gestig en volgende jaar se leerlingraad is oorgehaal met baie planne.
"Ons skool het vyf sosiale klubs; die Jeug vir Christus is die aktiefste een van hulle almal," het Vepukisa Tjizoo gesê. Volgens haar sorg die klub vir orde en ondersteuning, wat 'n groot rol in die skool se sukses speel.
"Ons presteer tans nie so goed soos wat ons moet nie, maar die akademie is aan die verbeter. Ek voel dat elke skool klubs soos Jeug vir Christus moet hê, met inagneming van die positiewe impak wat dit op die standaard van die skool het," het Edna Claassen gesê.
Sy sê teen volgende jaar sal daar meer sosiale klubs wees waarby die leerlinge kan aansluit en aan buitemuurse aktiwiteite deelneem. "Dit help leerlinge om uit die moeilikheid te bly en te fokus op die bou van 'n beter toekoms vir hulself."
Toekomsplanne
"Dit is ons tyd om ons merk te maak voordat ons matrikuleer en as leiers wil ons geld vir die skool insamel. Die skool het so baie dinge wat opgelos en geïmplementeer moet word. Dit kan net gedoen word as ons as die leerlingraad saamstaan en hard werk aan ons doelwitte," het Naomunic Feris gesê.
Feris is gereed om geld in te samel, projekte in te stel, 'n blink toekoms te skep wat elke leerling opgewonde sal maak, en weg te doen met die “gees van luiheid” onder die leerlinge.
"Ons skool is baie godsdienstig; wat ’n goeie ding is om leerlinge aan te moedig. Ek wil godsdiens in ons skool versterk. Dit sal help om ons akademiese doelwitte te bereik en ons verhoudings met mekaar versterk," het Gloria Urinavi gesê.
Die nuwe leerlingraad sal in spanne ingedeel word en aan verskillende grade toegewys word.
"Dit is 'n goeie strategie wat ons sal help om op verskeie vlakke te verbeter. Die leerlingraadslede sal met die onderskeie graadonderwysers saamwerk om die dissipline, akademie en sosiale kwessies te verbeter," het Amy Tjiuanelu gesê.
"Die span hoop vir die beste en wil hê die skool moet voortgaan om sprekers uit te nooi om ons te motiveer. Die saad sal op vrugbare grond val en 'n beter en vrugbare boom sal groei," het Claassen ten slotte bygevoeg.
Kassie:
Eienskappe van 'n effektiewe skool:
• Hoë gehalte leierskap - Studente presteer beter waar die skoolhoof sterk leierskap bied. Doeltreffende leiers kan die skool se doelwitte en visies suksesvol oordra, met onderwysers saamwerk om hul vaardighede te verbeter en is betrokke by die eien van en oplossings vir probleme.
• Hoë verwagtinge - van leerlinge sowel as onderwysers: Hoë verwagtinge van leerlinge is gereeld bewys om 'n positiewe invloed op hul prestasie te hê.
• Deurlopende vertoning van leerlingprestasie en -ontwikkeling: Skole moet waardasiestatistieke gebruik om hul leerlinge met ander in die land te vergelyk. Effektiewe gebruik van assesseringsdata laat skole toe om problematiese leerareas op klaskamer- en skoolvlak te identifiseer sodat die beste oplossings gevind kan word.
• Doelwitte en rigting: Die administrasie behoort doelwitte te stel en suksesvol aan individue oor te dra (leerlinge, onderwysers, gemeenskap). Skoolhoofde moet ook bereid wees om innovering in doelwitte vir skoolprosesse en -praktyke in te sluit. Dit is belangrik om insette van alle belanghebbendes te verwelkom in die proses om skooldoelwitte te ontwikkel.
• Veiligheid en organisasie: Leerlinge moet veilig voel. Respek is 'n fundamentele aspek van 'n veilige skool. Daar is ook 'n aantal programme en opgeleide personeel, soos maatskaplike werkers, wat met probleemgevalle kan werk voordat situasies handuit ruk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie