Toekoms van boerdery lê in slim tegnologie
Landbou se “nuwe normaal” is ’n toekoms waarin tegnologie aangewend kan word om boerdery doeltreffend en volhoubaar te maak.
Die sogenaamde vierde nywerheidsrevolusie (4IR) hou talle moontlikhede vir landbou in die Wes-Kaap in – mits die boerderygemeenskap, regering en ander instellings saamwerk om die voordele van slim tegnologieë die lig te laat sien.
Angus Bowmaker-Falconer, ’n navorsingsgenoot van die Universiteit Stellenbosch Bestuurskool (USB), meen een van dié voordele is die potensiaal vir vindingryke watertegnologie en intelligente besproeiingstelsels wat landbou se waterverbruik aansienlik kan verminder en terselfdertyd ook produksievlakke kan verhoog.
Konsepte soos die deelekonomie en skarefinansiering kan weer help om kommersieel volhoubare kleinboere en landbou-entrepreneurs te ontwikkel.
Navorsers verbonde aan die USB het onlangs ’n verslag bekend gemaak wat die potensiële impak van die 4IR op landbou bestudeer. Dis in opdrag van die Wes-Kaapse departement van landbou gedoen.
Die navorsing het ten doel om ’n strategiese uitkyk te verkry oor die toekoms van landbou in die konteks van die 4IR, meer te leer oor hoe nuwe tegnologieë en innovasies boerderymetodes en -produksie kan verander, sowel as watter geleenthede dit vir boere inhou.
In die verslag word uiteengesit hoe die landbousektor waterbesparingstegnologie, hommeltuie, genetiese ontwikkeling en robotika kan inspan om nie net die bedryf verder uit te brei nie, maar ook tot voedselsekerheid en werkskepping by te dra.
Een van die grootste vrese vir die 4IR is werkverliese. Tog is daar geleenthede om nuwe loopbane te skep en mense verder op te lei, toon die navorsing.
Volgens Bowmaker-Falconer is landbou se “nuwe normaal” ’n toekoms waarin tegnologie aangewend kan word om boere meer doeltreffend en volhoubaar te laat boer, en só voedselsekerheid in ’n inklusiewe en billike ekonomie te bied.
“Landbou en landbouverwerking is strategies belangrike sektore vir die Wes-Kaap – as groot werkskeppers en vir die ekonomiese bydraes wat hulle maak – en verteenwoordig meer as 10% van die streek se ekonomie, meer as die helfte van sy uitvoer en 20% van die land se algehele landbouproduksie.”
Een van die moontlike scenario’s wat uit die 4IR vir die landbousektor kan voortspruit, is ’n “agri-renaissance”.
Luidens dié scenario span die sektor tegnologie soos plaasbestuursprogrammatuur, presisielandbou en voorspellende data-analise in om boere in staat te stel om met behulp van robotika en hommeltuie gewasgesondheid, grondgehalte en die weer te monitor.
“Dit is die beste moontlike uitkoms en sal landbou toelaat om voordeel te trek uit innovasies in die digitale ekonomie soos blokkettingtegnologie, wat dit sal moontlik maak om produkte na te speur – iets wat belangrik vir verbruikers geword het.
“Konsepte soos die deelekonomie en skarefinansiering kan weer help om kommersieel volhoubare kleinboere en landbou-entrepreneurs te ontwikkel.”
As landbou die tegnologieë van die 4IR aanneem, kan die sektor homself herposisioneer, sy verbruikers op nuwe digitale platforms bereik én nuwe toetreders lok. Hy waarsku egter teen ’n digitale verdeeldheid waar slegs sekere rolspelers voordeel trek.
Die landbousektor én die regering moet saamwerk om kleinboere toegang tot tegnologie, opleiding en befondsing te gee, sê Bowmaker-Falconer.
Die volledige verslag is op www.usb.ac.za beskikbaar. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie