Toekoms van tweeling nog duister
Die Mexikaanse owerhede het die gesin in kennis gestel die aansoek om burgerskap is 'n uitgerekte proses en het 'n beroep op die ministerie van binnelandse sake gedoen om die belange van die kinders eerste te stel.
Jana-Mari Smith – Die ministerie van binnelandse sake het 'n bruin paspoort aan Yona, die tweejarige seun van mnre. Phillip Lühl en Guillermo Delgado, uitgereik om hom toe te laat om na Suid-Afrika te reis om vir Mexikaanse burgerskap aansoek te doen.
Bruin paspoorte is hoofsaaklik 'n noodreisdokument wat in die verlede ook aan staatlose vlugtelinge in Namibië uitgereik is.
Die gesin het nou die ministerie gevra om dit te oorweeg om dié paspoorte aan die tweeling Paula en Maya uit te reik, wat 60 dae ná hul geboorte nog in Suid-Afrika is.
Alhoewel die gesin drie weke gelede amptelik vir Namibiese noodreisdokumente aansoek gedoen het, het die ministerie nog geen finale antwoord op die aansoek gegee nie. Die aansoek is ingedien kort ná 'n verpletterende hofuitspraak wat hul aansoek om die tweeling huis toe te bring, van die hand gewys het.
Die ministerie het voorgestel die tweeling en hul broer moet vir Mexikaanse burgerskap aansoek doen.
SYSTAP AANSOEK
Mnr. Etienne Maritz, die uitvoerende direkteur van die ministerie, het onlangs in 'n brief aan die gesin gesê die bruin paspoort wat aan Yona uitgereik is, is sodat hy na Suid-Afrika kan reis “om as 'n Mexikaanse burger te registreer”.
Maritz het gesê die paspoort is vir 12 maande geldig, en het bygevoeg as die tweeling ook aansoek doen en Mexikaanse burgerskap kry, sal hulle “met besoekerspermitte na Namibië kan reis, en ons sal hulle toelaat om in Namibië te bly ná die permitte verval het terwyl die saak in die hoërhof afgehandel word”.
In reaksie hierop het die prokureur me. Unomuinjo Katjipuka-Sibolile gesê dit is nie 'n oplossing vir die krisis wat die gesin tans in die gesig staar nie.
Sy het gesê die Mexikaanse owerhede het die gesin in kennis gestel die aansoek om burgerskap is 'n uitgerekte proses, en het 'n beroep op die ministerie gedoen om die beste belange van die kinders eerste te stel.
“Ons versoek u dringend om in gedagte te hou dat die tweeling byna twee maande in Suid-Afrika gestrand is, geskei van die res van hul gesin. Met elke dag wat verbygaan verdiep die dringendheid en desperaatheid van die situasie vir die gesin.”
Katjipuka-Sibolile het benadruk die verkryging van Mexikaanse dokumente moet nie verkeerdelik beskou word as 'n “afstanddoening van hul aanspraak op Namibiese burgerskap” nie.
IN NIEMANDSLAND
Soos in sy susters se geval, word Lühl en Delgado in 'n amptelike Suid-Afrikaanse geboortesertifikaat en 'n hoërhofbevel as Yona se wettige ouers geïdentifiseer.
Die Namibiese owerhede weier egter om dié geboortesertifikate te aanvaar en dring op 'n DNS-toets aan om sy biologiese skakel met Lühl, sy Namibiese pa, te bewys.
Sy stryd om burgerskap sal op 4 Augustus tot 'n einde kom wanneer hoërhofregter Thomas Masuku die finale uitspraak in die saak sal lewer.
Masuku het ook twee ander sake behartig wat die gesin voor die hof gebring het en in albei sake is hul aansoek van die hand gewys.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie