Toekomsleiers bemagtig
Toekomsleiers bemagtig

Toekomsleiers bemagtig

Die Primêre Skool Green Leaves in die Okahandja Park- informele nedersetting buite Windhoek het onlangs ‘n skenking van handboeke en onderwyserhandleidings van die Ohorongo Otavi Community Trust (OOCT) in samewerking met Support Ulm e.V. ontvang.

Hierdie skenking is deel van meer as 1 600 handboeke en onderwyserhandleidings wat aan skole in die Otjozondjupa-, Ohangwena-, Oshana- en Khomasstreek uitgedeel is. Dit sluit in handboeke vir Engels, wetenskap, sosiale studies en Afrikaans vir graad vier tot sewe.

Volgens mnr. Hans-Wilhelm Schütte, Ohotongo Cement se besturende direkteur, is dié skenking in reaksie op die beroep wat die ministerie van onderwys, kuns en kultuur gedoen het vir die private sektor se ondersteuning.

Volgens mnr. Chanville McKrill, Green Leaves se hoof, deel drie leerlinge tans een handboek.

“Dis ’n groot uitdaging – veral vir die swakker leerlinge, omdat hulle net twee dae ’n week toegang tot ’n handboek het,” het hy gesê.

OOCT en Support Ulm e.V. skenk jaarliks tonne sement vir die bou van nuwe klaskamers landswyd.

Support Ulm e.V. is ’n Duitse niewinsgewende organisasie wat oor die jare verskeie fondsinsamelings gehou het en die opbrengste aan verskeie projekte bestee het waarby die Namibiese gemeenskap baat.

Kommentaar

Republikein 2025-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer