Toekomstige leiers word nie reg behandel nie
Toekomstige leiers word nie reg behandel nie

Toekomstige leiers word nie reg behandel nie

Sanet de Waal
Passifis Ouma skryf:

Ek sien hoe begaan sommige sondaars, oor ander se sondes is, in vandag se koerant (23 Januarie op voorblad) Die een wat geen sonde het mag maar die eerste klip gooi.

Ek is egter verwoed ontgogel, platgeslaan, domverstom oor 'n ander berig.

Dit gaan my verstand ver te bowe, dat ons ons regering, 'n regering kan

noem. Hulle regeer net hul eie beursies, aansien en luukses (al moet dit

met diefstal en korrupsie gebeur). Moordenaars, verkragters, diewe

mishandelaars van vrou en kinders, skelm soldate en polisie en ministers.

Laagstes van die lae gemeenstes, almal kry elke dag 'n gebalanseerde ete in die tronk. Hul behoort eintik van ryswater en koolsop te lewe.

Aan die ander kant laat die regering toe dat duisende groeiende koshuis-

kinders wat ons toekomstige leiers moet word, vir weke net van

(somtyds vrot) brood en koffie moet lewe. Die Bybel sê "van brood alleen

kan die mens nie lewe nie" Dit nogal in Rundu waar als wat 'n mens plant

groei! Daar is seker baie werkloses wat paar tuine aan die groei kan kry.

Brood is nie al wat, sonder 'n pot wat 6 uur vat om te kook, mens kan eet

nie. Meeste groentes kan rou geëet word. Tamaties, komkommer, soet­rissie, slaaiblare, kopkool, blomkool, brokkoli, wortels, beet en botter­skorsie. Als is lekker rou gerasper. Maak 'n slaai van drie of meer groentes. Versterk dit met blikkiesvis en vleis of polonie wat ook koud lekker is. Maak poeiermelk met koue water aan en gee asb. vir daai arm vermaerde verhongerde bloedjies i.p.v. koffie wat in elk geval nie vir kinders gesond is nie, elkeen 'n glas melk met sy ete. Sit vanaand genoeg eiers in daai pot wat ses ure vat om te kook. Sit dit na 6 ure en 5 min af. En siedaar is lekker gekookte eiers vir ontbyt saam met, die hopelik vars brood.

"n Boer kan mos 'n plan maak, maar almal volg maar net "the line of least

resistance". Hul vetgatte sleep op die grond.

Die regering sorg mooi vir die tronke, want dis dalk waar hul volgende gaan bly? Ons gaan almal swaar gestraf word omdat ons nie na Jesus se kindertjies kyk nie. Jesus was die liefste vir die armes en vertraptes en

verstoteling! Ek word sommer so kwaad, dat ek amper wil sê, ek hoop die fatcats versmoor in hul vet. ­Darem nie rêrig nie, net amper.

Kommentaar

Republikein 2025-01-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 21° | 24° Ruacana: 21° | 26° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 15° | 25° Omaruru: 18° | 28° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 19° | 29° Mariental: 22° | 31° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 33° Lüderitz: 17° | 24° Ariamsvlei: 28° | 39° Oranjemund: 16° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 30° Maseru: 19° | 32° Antananarivo: 15° | 30° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 19° | 24° Durban: 22° | 30° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!