Toelaatbaarheid van bewyse onder die loep

Elf jaar ná die moord op die 25-jarige André Heckmair kan belangrike bewyse moontlik vir die voortslepende verhoor uitgegooi word.
Kristien Kruger
Heckmair-moordverhoor

Kristien Kruger – Die verhoor waarin twee Amerikaners vir die moord op mnr. André Heckmair tereg staan, het gister in die hoërhof in Windhoek hervat en bevind hom nou midde-in ’n binneverhoor om te beslis oor die toelaatbaarheid van bewyse wat die polisie sonder ’n visenteringslasbrief bekom het.

Heckmair is op 7 Januarie 2011 in Eros met een koeël in sy kop doodgeskiet terwyl hy in sy motor gesit het.

Die staat het adj.komm. Barthlomeus de Klerk as getuie geroep. De Klerk het getuig dat die polisie op 9 Januarie ’n boodskap ontvang het van die gastehuis waar die beskuldigdes tydens die voorval gebly het. Die polisie is versoek om die beskuldigdes se goedere uit die kamer te verwyder omdat die gastehuis die kamer vir ander gaste beskikbaar wou stel.

Die kamer was reeds op 7 Januarie, toe die beskuldigdes in hegtenis geneem is, die eerste keer deursoek. Dieselfde beamptes was die volgende dag weer daar.

“In die kas was ’n bruin aktetas en binne-in was twee ysterpype. Ek het toe nader ondersoek ingestel en besef dis ’n vuurwapenloop,” het De Klerk getuig.

Volgens sy getuienis het hy besef die vorige soektogte is nie deeglik uitgevoer nie en opdrag is gegee dat die kamer opnuut deursoek moes word. Hy het nie ’n visenteringslasbrief by ’n landdros gekry nie.

“Ek was oortuig ’n landdros sou ’n visenteringslasbrief uitreik, maar dit was ’n Sondag en ek het geweet dit sou moeilik wees om ’n landdros in die hande te kry.

“Ek was bang as ons nie die bewyse vat nie, sou dit verdwyn of in die verkeerde hande beland,” het hy getuig.

Die beskuldigdes was in daardie stadium reeds in aanhouding op aanklag van die besit van dagga en was slegs verdagtes in dié ondersoek.

Een van die Amerikaanse beskuldigdes, mnr. Kevan Townsend, se verteenwoordiger, mnr. Mbanga Siyomuinji, beweer dat De Klerk nooit gegaan het met die bedoeling om die twee se besittings te gaan haal nie, maar eenvoudig om die kamer te deursoek.

“Jy het die aktetas gekry en jy het dit oopgemaak. Dit op sigself is ’n soektog. Jy het reeds inbreuk gemaak op iemand se privaatheid,” het Siyomuinji aan die getuie gestel.

Hy het ook daarin geslaag om De Klerk te laat bevestig dat hy nooit eens ’n landdros in die hande probeer kry het nie.

VISENTERINGSLASBRIEF

Vir die eerste soektog, op 7 Januarie, was ook geen visenteringslasbrief verkry nie en die rede daarvoor was volgens vorige getuies dat dit ’n dringende saak was omdat hulle lugtig was dat Townsend en sy medebeskuldigde Marcus Thomas sou vlug.

Buiten vir selfoonrekords wat die beskuldigdes en die oorledene verbind, was daar volgens die verdediging geen konkrete bewyse van die beskuldigdes se betrokkenheid by die moord nie.

“Daar was tonne omstandigheidsgetuienis,” het De Klerk die hof verseker.

Volgens De Klerk het selfoonrekords aangedui die laaste kommunikasie tussen die beskuldigdes en Heckmair was om 11:54. Die nadoodse ondersoek dui daarop dat hy tussen 13:00 en 14:00 dood is.

Volgens die rekords het die beskuldigdes nie weer ná Heckmair se dood ’n boodskap gestuur nie. Alle kommunikasie tussen hulle is gestaak.

Die saak hervat vandag met die kruisondervraging van De Klerk.

[email protected]

FOTO’s Kristien Kruger

Die moordbeskuldigde mnr. Kevan Townsend en sy regsverteenwoordiger, mnr. Mbanga Siyomuinji.

Die moordbeskuldigde mnr. Marcus Thomas.

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.33 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.11 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.29 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14193.3 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 663.07/OZ UP +1.39% | Copper US$ 4.50/lb UP +4.15% | Zinc US$ 3 026.80/T UP 0.14% | Brent Crude Oil US$ 75.08/BBP UP +0.94% | Platinum US$ 986.92/OZ UP +3.02% #REF!