Toelatingseise vir graad 12 verlaag
Henriette Lamprecht – Toelatingsvereistes vir graad 12 is aangepas om ’n derde van 2020 se graad 11’s tot graad 12 te bevorder eerder as net die een uit vier wat volgens aanvanklike standaarde die pyp sou rook.
‘n Eenmalige toegewing is ook gemaak dat druipelinge wat teen 31 Desember vanjaar nog 18 jaar oud is, graad 11 voltyds mag herhaal.
Volgens die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Anna Nghipondoka, kan ’n totaal van 7 518 oftewel 35,6% uit die 21 107 leerlinge wat verlede jaar die eksamen afgelê het nou vir drie of meer vakke op AS-vlak inskryf.
Die aanvanklike vereistes was drie of meer C- of beter simbole. Daarvolgens sou net 25% van leerlinge, ietwat meer as 5 000, gekwalifiseer het.
Twee C-simbole word nou aanvaar mits die leerlinge minstens 'n D vir Engels en twee ander vakke het.
Graad 12's mag drie tot vyf eksamenvakke neem.
Engels moet vir alle leerlinge wat vir die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat op Gevorderde Aanvullende Vlak (NSSCAS) wil inskryf een van hul vyf beste vakke op gewone vlak (NSSCO) wees. Leerlinge met 'n D in Engels mag die vak in graad 12 voortsit, maar mag dan net drie ander vakke hê - om genoeg tyd vir die verbetering van hul Engels toe te laat.
Die minister het benadruk graad 11's wat wil herhaal, sal alle simbole verbeur wat hul in 2020 behaal het. Sy het skoliere wat net hul punte in enkele vakke wil verbeter, aangeraai om eerder deeltyds verder te leer. Sulke kandidate het net twee jaar (tot in 2022) om dit te doen.
Die vergunning aan graad 11's wat nog van skoolgaande ouderdom is, is volgens die minister alleen toegestaan weens die impak van die Covid-19-pandemie.
Die ministerie kon by navraag nie sê hoeveel van die oorblywende byna 13 600 graad 11's vanjaar 18 jaar oud word nie. Aan die begin van 2020 het meer as 51 000 leerlinge vir graad 10 ingeskryf.
Weens Covid-19 was daar nie 'n eksterne eindeksamen in graad 10 nie. Herhalers kan dus druk plaas op beskikbare plekke in die land se hoërskole.
In Engels tweede taal het 24,8% van leerlinge en E- of swakker simbole behaal. Vir wiskunde was hierdie koers 60% en 64% in biologie, fisika en chemie.
Sewentien persent van graad 11's het 'n ongegradeerde uitslag, swakker as 'n G-simbool, vir wiskunde ontvang. Tien persent het 'n F behaal en agt persent 'n G.
Nghipondoka het beklemtoon leerlinge wat nie vir die NSSCAS kwalifiseer nie, het steeds verskeie loopbaanopsies – en paaie om sukses te behaal.
“Die hersiende leerplan streef om ’n vaardige werksmag te skep wat die land op die vlak van ’n geïndustrialiseerde, kennisgebaseerde ekonomie ontwikkel deur sy eie mense te kan ophef,” het sy gesê.
Net 119 skole in die land bied vakke op NSSCAS-vlak aan. Hiervan is 95 staatskole en 24 privaatskole.
Voorbereiding vir die plasing van leerlinge by spesialisskole met koshuise wat graad 12 aanbied is volgens die minister onderweg om te verseker dié leerlinge kan op 22 Februarie hul skooljaar begin. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie