Toep takel sprinkaangevaar
Benewens die identifisering van gebiede vir bespuiting, stel eLocust3m die FAO in staat om mense te waarsku wat nog nie deur indringende sprinkaanswerms geraak is nie.
Ellanie Smit
Die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) het 'n nuwe toepassing ontplooi wat sal help met die bestryding van sprinkaanplae in Namibië.
Luidens 'n verklaring wat deur die FAO uitgereik is, is die eLocust3m-toepassing ontwikkel om uitbrekings van sprinkaanplae vinnig op te spoor, te toets en te monitor en sodoende vroeër waarskuwings uit te reik.
Die jongste weergawe van die toepassing is in Februarie verlede jaar bekend gestel en maak voorsiening vir die breër gemeenskap se betrokkenheid by data-insameling.
Volgens die FAO is ongeveer 30 landbouvoorligtingsbeamptes in Namibië opgelei om die toepassing te gebruik.
Hulle is ook met vaardighede toegerus om die toepassing te gebruik as 'n manier om hul moniterings- en beheerpogings van sprinkaanplae te versterk.
“Die toepassing sal ons help om die huidige situasie op grondvlak te evalueer en ons te waarsku oor die waarskynlikheid van 'n uitbreking,” het me. Margaret Matengu, die ministerie van landbou se hoof-voorligtingsbeampte, gesê.
Krisistye verg innovasie en samewerking, het sy bygevoeg.
Die virtuele opleiding is deur die FAO-sub-streekkantoor vir Suider-Afrika behartig, en is gemik op personeel wat toesig hou oor sprinkaanbeheer in Namibië.
VROEë WAARSKUWING
Namibië loop deur onder uitbrekings van die Afrika-treksprinkaan-, rooi- en bruinsprinkaanplae.
“Die voedselsekerheid en lewensbestaan van duisende kleinboer-huishoudings word bedreig,” het die FAO gesê.
Volgens die FAO is die toepassing geskik vir moeilike en afgeleë gebiede waar monitering 'n uitdaging kan wees, en is dit ontwerp vir gebruik in gebiede sonder internetverbinding.
Dit kan ook deur lede van die gemeenskap en kleinboere gebruik word om sprinkaanaktiwiteite aan te meld.
ROLSPELERS BLY INGELIG
Die FAO het gesê die toepassing kan inligting verskaf oor spesifieke gebiede waarop gefokus moet word tydens koördinasie- en reaksiepogings.
“Benewens die identifisering van gebiede vir bespuiting, stel eLocust3m die FAO in staat om mense te waarsku wat nog nie deur indringende sprinkaanswerms geraak is nie,” het die organisasie gesê.
Inligting wat via die eLocust3m-toep bekom word, word gebruik om die huidige situasie op grondvlak te bepaal, die ontwikkeling daarvan te voorspel en lande wat deur sprinkaanplae geraak word en die internasionale skenkergemeenskap te waarsku oor waarskynlike sprinkaan-invalle en -plae.
Die opleiding is aangepak onder 'n FAO-projek wat deur die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling (USAID) gefinansier is.
Die projek word ook in Angola, Botswana, Zambië en Zimbabwe geïmplementeer.
SPRINKANE IN SUIDER-AFRIKA
Die uitbrekings van die Afrika-treksprinkaanplaag in Suider-Afrika is afsonderlik van die woestynsprinkaanplaag waaronder Oos-Afrika terselfdertyd deurloop.
Die woestynsprinkaan het geen impak op die Suider-Afrika-gebied nie.
Sprinkane is een van die mees vernietigende plae ter wêreld. Een swerm kan uit tientalle miljoene volwassenes bestaan.
'n Swerm sprinkane van 20 vierkante kilometer met 'n gemiddelde digtheid van 60 miljoen volwassenes per vierkante kilometer kan dieselfde hoeveelheid kos op een dag opvreet wat 2 500 mense vir 'n jaar lank sou voed.
In Namibië het die FAO tegniese en finansiële hulp aan die ministerie van landbou verleen om die opleiding en ontplooiing van tegniese personeel te verseker en die voortgesette stryd teen sprinkaanplae te versterk.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie