Toeris verdwyn in troebel Mosambiekse waters
’n Italiaanse vrou is steeds soek nadat sy Saterdagoggend vermis geraak het toe sy saam met ’n groep ander toeriste in die suide van Mosambiek gaan duik het.
Linda Cooke, koördineerder van die soektog, sê Eleonora Contin (34) het Saterdag omstreeks 09:00 saam met ’n groep van die Zavora Lodge in die Inharrime-distrik gaan duik.
“Haar man was haar duikmaat. Die water was baie troebel en die sigbaarheid swak,” sê Cook.
“Daar was ook ’n sterk seestroom.”
Nadat Contin en haar man onder die water verdwyn het, het hy agtergekom sy is nie meer langs hom nie.
Sedertdien soek reddingspanne onverpoos na haar.
“Ons sukkel met die Mosambiekse regering omdat hulle nie Suid-Afrikaanse soek- en reddingspanne in die land wil toelaat nie. Die Italiaanse ambassade in Mosambiek was tot dusver baie behulpsaam.
“Ons het deur die nag gesoek en ons het nog nie geslaap nie. Ons soek onophoudelik na haar.”
Volgens Cook is Contin se man uiters getraumatiseerd.
’n Beroep is gedoen op bote so ver suid as Maputo om na Contin te help soek. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie