Toerisme beleef u2018beste maandu2019
Toerisme beleef u2018beste maandu2019

Toerisme beleef ‘beste maand’

Die toerismebedryf sug van verligting. Oktober was tot dusver vir baie toerisme-ondernemings die beste maand van die jaar.
Tanja Bause
Erwin Leuschner

Hoewel die toerismebedryf ’n opflikkering toon, bly die sektor steeds “versigtig optimisties”, volgens die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN).

HAN het die bedbesetting vir Oktober bekend gemaak en die syfers toon ’n toename in toeriste.

Landswyd is die gemiddelde bedbesetting vir Oktober bykans 34%. HAN beskryf dit as die “beste maand van die jaar”.

“In vergelyking met die twee vorige jare, is dit belowend om te weet die bedbesetting in Oktober 2021 het vanaf 2020 verdubbel,” luidens die verklaring.

Die bedbesetting was 14,45% in 2020 en 70% in 2019, voor die pandemie.

“Dit beteken ons het nou byna die helfte van ’n normale toerismebedbesetting.”

Die meerderheid van die reisigers (47%) is van Europa afkomstig en sowat 38% uit Namibië en 7,4% beddens is deur Suid-Afrikaners beset. Die persentasie van oorsese toeriste het in vergelyking met die vorige jaar duidelik verander.

In 2020 was 67% van alle reisigers Namibiërs en slegs 12% van toeriste het van Europa gekom. Voor die pandemie was 60% Europeërs.

“Hopelik sal dié neiging vir die res van die jaar en tot volgende jaar voortduur,” sê HAN in sy verklaring. Die toerismebedryf is bewus van uitdagings en onsekerhede weens die pandemie.

“Dus bly ons versigtig optimisties oor die algemene pogings om toerisme in Namibië te herstel.”

Die statistieke is inderdaad baie belowend. Sedert Julie het die bedbesetting bestendig gestyg. Vier maande gelede was dit slegs 12%, in Augustus het dit tot 20% gestyg en in September tot 27%. Die gewildste akkommodasie was onder meer gastehuise en bed en ontbyt- en tentakkommodasie.

REDDINGSPLAN

Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme wil ’n reddingsplan vir die sektor vir 2022 tot 2024 ontwikkel. Die doel: Om ‘n nasionale verenigde reaksie te bespoedig vir die herstel van die toerismebedryf weens die impak van die Covid-19-pandemie.

Strategiese en politieke ingrypingsprogramme en -aktiwiteite word beoog.

Die ministerie sal landswyd gesprekke met rolspelers in die toerismebedryf voer. Die eerste vergadering het gister in die Erongostreek plaasgevind. Belanghebbendes kan tot 7 Desember aan gesprekke deelneem wat in al die streke sal plaasvind. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!