Toerisme: Eise stroom steeds in
Toerisme: Eise stroom steeds in

Toerisme: Eise stroom steeds in

Verskeie toerisme-ondernemings neem regstappe teen hul versekeraars om vergoeding vir die verlies aan inkomste as gevolg van die Covid-19-pandemie te ontvang.
Sanet de Waal
Marc Springer – Die Covid-19-verwante inkomste­verlies soos ondervind deur die Namibiese gasvryheidsektor plaas toenemende druk op die plaas­like versekeringsbedryf.

Gondwana Selection Namibia het hul versekeraar voor die hof gedaag om hul eis van sowat N$638 miljoen af te dwing.

Drie ander ondernemings, Ghaub Investments, Kambazembi Guest Farm en N/a'an ku sê Wildlife Enterprises, het ook sake teen hul onderskeie versekeraars, Hollard Insurance en Old Mutual, geopen in die hoop om vergoeding vir die verlies aan inkomste te ontvang.

Die ondernemings blameer die Covid-19-pandemie, wat gelei het tot die sluiting van die Namibiese grense en gepaardgaande regulasies, omdat dit onmoontlik was vir besoekers in en buite die land om die ondernemings te besoek, wat byna al hul historiese inkomste verloor het.

Gondwana het onlangs 'n ­dringende aansoek teen Hollard by die hoërhof ingedien. Die hof het beslis die saak was nie dringend nie en het die aansoek van die hand gewys.

Volgens Gondwana kan dit eksistensiële gevolge vir die maatskappy inhou en sy 1 200 werknemers, wat reeds die gevaar loop om afgedank te word.



KONTRAKTE

In die geval van Old Mutual voer Ghaub Investments en ­Kambazembi aan hulle het omvattende versekering in November en Desember 2019 by Old Mutual uitgeneem en het sedertdien getrou hul maandelikse premies betaal. Ten spyte hiervan het Old Mutual tot dusver geweier om hul eise goed te keur.

Die ondernemings beskou dit as onwettig, omdat die versekeringskontrak 'n klousule bevat wat van toepassing is in die geval van 'n verlies aan inkomste en uitdruklik die buitengewone situasie van 'n aansteeklike menslike siekte insluit.

Hulle meen dus dit was 'n gebeurtenis waarvoor Old Mutual, ingevolge die bestaande versekeringskontrak, aanspreeklik is.

N/a'an ku sê voer dieselfde argument teen sy versekeraar, Hollard, aan teen wie regstappe geneem is. N/a'an ku sê het nog nie die bedrag van sy eie eis gespesifiseer nie en het Hollard nog geen antwoord gebied nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!