u2018Toerisme moet herleef, herstel en versterku2019
u2018Toerisme moet herleef, herstel en versterku2019

‘Toerisme moet herleef, herstel en versterk’

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg

Die ongekende uitdagings wat Covid-19 gebring het, het die wêreldwye toerismesektor verwoes en Namibië is nie gespaar nie, het die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, gesê.

“Dit wat ons in toerismesektor in die afgelope 30 jaar opgebou het, het in net meer as vier maande verlore gegaan,” het Shifeta gister tydens die bekendstelling van die 2019-verslag van toerismestatistieke gesê.

Ondanks ’n styging van 2,5% toeriste en 1,3% meer buitelandse besoekers wat Namibië in 2019 in vergelyking met die vorige jaar besoek het, huiwer die toerismesektor vandag op die afgrond weens die Covid-19-pandemie.

Shifeta sê sy ministerie doen alles in sy vermoë om tydens die skok van die viruspandemie die toerismesektor te laat herleef, herstel en versterk.

“Dit is duidelik dat Covid-19 vir die afsienbare toekoms hier is om te bly. In die konteks van die ‘nuwe normaal’ moet ons die toerismesektor hervestig sonder om openbare gesondheid in die wiele te ry. As toerismeministerie is ons daartoe verbind om alles in ons vermoë te doen om die sektor weer op die been te kry en 120 000 werksgeleenthede te red,” het hy beklemtoon.

Me. Seimy Christoph-Shidute, die adjunk- uitvoerende direkteur van toerisme, beplanning en administrasie, het gesê voor buitelandse toeriste op vliegtuie na Namibië klim, moet alle protokol en regulasies vir die toerisme-herlewingsplan in plek wees.

Volgens haar sou die taakspan gister die protokol en regulasies aan die Namibië Toerismeraad (NTB) stuur.

TOERISMEVERSLAG 2019

Volgens die verslag het 1 681 336 buitelanders Namibië vanaf die toptien-lande besoek, naamlik Angola (35,3%), Suid-Afrika (17,3%), Zambië (14,9%), Duitsland (6,1%), Zimbabwe (4,5%), Botswana (4,2%), Frankryk (1,8%), Brittanje (1,7%), Amerika (1,6%) en China (1,2%).

China het Nederland wat in 2018 in die tiende posisie was, uit die toptien gedruk.

“Markte uit Afrika het met 7,5% gegroei, maar Europese markte het met 16,9% afgeneem,” lui die verslag.

“Die piekseisoen is vanaf September tot Desember wanneer 34,4% van alle toeriste in Namibië kom kuier en die meeste kom om familie en vriende te besoek. Sowat 1,1% minder toeriste het in 2019 kom vakansie hou, van wie Duitsers die meeste vakansiegangers is en Chinese die meeste saketoeriste.”

Toeriste uit Afrika bestee ook net gemiddeld vier tot sewe dae hier, omdat hulle meestal by vriende en familie kom kuier, terwyl Europese en Amerikaanse toeriste tussen agt dae en twee weke lank kom vakansie hou.

Meer mans (60%) as vroue (40%) kom reis in Namibië en die meeste toeriste is tussen 30 en 39 jaar oud.

Die meeste toeriste kom die land per pad binne (54,1%), gevolg deur lugreise (42,8%) wat teenoor 2018 met 24% gestyg het.

Wat grensposte betref, het die meeste toeriste deur die noordelike en noordoostelike grensposte die land binnegekom en 19,9% via die Internasionale Lughawe Hosea Kutako. Die meeste internasionale reisigers van Europa en Noord-Amerika het by Hosea Kutako- en Eros-lughawens geland, hoewel daar ’n afname van toeriste-aankomste in 2019 by dié lughawens was.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Katima Mulilo: 18° | 38° Rundu: 15° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 14° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 11° | 31° Henties Bay: 9° | 15° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 11° | 12° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 17° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 9° | 30° Mariental: 9° | 27° Keetmanshoop: 8° | 23° Aranos: 8° | 29° Lüderitz: 9° | 29° Ariamsvlei: 6° | 22° Oranjemund: 9° | 26° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 9° | 15° Maseru: 2° | 22° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 16° | 22° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 10° | 18° Durban: 13° | 15° Johannesburg: 14° | 27° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007 Sport results: Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Weather: Katima Mulilo: 18° | 38° Rundu: 15° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 14° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 11° | 31° Henties Bay: 9° | 15° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 11° | 12° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 17° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 9° | 30° Mariental: 9° | 27° Keetmanshoop: 8° | 23° Aranos: 8° | 29° Lüderitz: 9° | 29° Ariamsvlei: 6° | 22° Oranjemund: 9° | 26° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 9° | 15° Maseru: 2° | 22° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 16° | 22° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 10° | 18° Durban: 13° | 15° Johannesburg: 14° | 27° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007