Toerisme-optimisme
Die FNB/Fenata-reisindeks vir die derde kwartaal van 2017 toon groei.
Ondanks die trae ekonomie is lodge-eienaars en toeroperateurs positief oor die toekoms van Namibië se toerismebedryf.
First National Bank (FNB) Namibia se analis, mnr. Josephat Nambashu, sê gedurende die derde kwartaal van 2017 het die FNB/Fenata-reisindeks in reële terme met 5,7% gekrimp.
"Hierdie afname was egter 'n verbetering van -20,0% en -16,2% in die vorige twee kwartale, aangesien die bedryf sy piekseisoen geniet, ondersteun deur ’n sterk toename in die aantal toeriste en hoër seisoenale aanvraag."
Nambashu meen hierdie toename in toeristegetalle in die derde kwartaal het bedbesettingsyfers laat styg. Die gemiddelde bedbesettingsyfers vir die kwartaal was op sy hoogste ooit en 2,7% hoër in vergelyking met die ooreenstemmende gemiddelde koers gedurende die ooreenstemmende tydperk 'n jaar vroeër.
Die Namibiese dollar het in die derde kwartaal 'n bietjie herstel en dus is die reise uit Amerika en Europa net 3,4% duurder as wat dit verlede jaar was weens buitelandse valuta en 'n verdere 7% groei in toerismeverwante inflasie.
"Daar is 'n algemene patroon van 'n afname in plaaslike toerisme saam met ekonomiese stagnering, maar tog bly respondente van die opname optimisities oor toekomsvooruitsigte," sê Nambashu.
“Die afgelope drie maande het sake volgens verwagting gepresteer met die indeks wat 'n gesonde 27%-verhoging getoon het in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Respondente het ook 'n algemene positiewe vooruitsig vir die bedryf se groei oor die volgende kwartaal gehad, met 75% wat meen dit sal of goed (51%) of baie goed (24%) wees."
Sowat 66% van die toerismeondernemings wat aan die opname deelgeneem het, het 'n toename in inkomste tydens die afgelope kwartaal voorspel, en 'n optimistiese 47% voorspel 'n styging in die daaropvolgende kwartaal.
Rakende personeelkwessies het 45% gesê hulle het hul personeelkapasiteit in die laaste kwartaal onveranderd gehou en sommiges het hul werksmag vergroot.
"Werksvooruitsigte vir die toekoms bly egter kommerwekkend, met sowat 56% van die respondente wat geen verandering in hul personeelkapasiteit binne die volgende drie maande verwag nie," sê Nambashu.
PRYSVERHOGINGS
Vir 74% van die respondente is prysverhogings 'n manier om inflasie en groeiende bedryfskostes te beveg, sê Nambashu.
"Hoe hierdie verhogings die mededingendheid op die lange duur gaan beïnvloed, is kommerwekkend vir sommige, want baie besighede vrees stygende pryse sal hul goedere en dienste op 'n wêreldwye skaal minder mededingend maak," sê Nambashu.
Die indeks wat toekomsverwagtinge weergee, toon daar was sedert die eerste kwartaal van 2017 'n betekenisvolle daling in positiewe gesindheid.
"Die bedryf het tog optimisties gebly oor die kwartaal wat volg met 75% van die respondente wat vertroue in hul besighede het. Dit weerspieël relatiewe sterk jaareindresultate."
Hy meen die mees optimistiese respondente is toeroperateurs en lodge-eienaars met 74% wat 'n toename in groei vir die laaste kwartaal van 2017 verwag.
UITDAGINGS
Volgens Nambashu is die grootste uitdagings in die bedryf die algemene trae ekonomiese groei, 'n tekort aan gehalte akkommodasie en misdaad.
"Enkele respondente het kwynende regeringsteun vir besigheidsgeleenthede as sleutelkwessies uitgelig, asook misdaadvoorvalle en 'n gebrek aan uitstalgeriewe. Baie besighede meen ook die vraag na toerisme sal in die kort tot medium termyn daal weens die impak van die regering se begrotingsbesnoeiing.
"Laastens bly geskoolde arbeid 'n hindernis vir besighede met 26% van respondente wat dit as 'n sleutelkwessie beskou."
Ander kwessies is verbruikersvertroue, toegang tot lugvaart, gebruikskostes, swak padinfrastruktuur en die algemene trae groeivlakke in die korporatiewe sektor en individue.
Nambashu het ter afsluiting gesê die toerismesektor het in die derde kwartaal goed presteer, maar groot uitdagings in die bedryf kan nie oorgesien word nie.
"Besighede moet dus gereed wees om by veranderinge in die bedryf aan te pas. Eerstens moet internasionale bemarking op Namibië as spesialisbestemming fokus. Tweedens moet alternatiewe bronne van inkomste oorweeg word omdat daar nie op die regering alleen staatgemaak kan word nie."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie