Toerismebedryf: Maak grense in Julie oop
Die toerismesektor is van mening Namibië kan as 'n veilige land bemark word met die lae Covid-19-infeksiekoers in die land.
Francoise Steynberg
Met nog net 60% van die piekseisoen van Namibiese toerisme oor, pleit die toerismesektor dat landsgrense middel Julie oopgemaak word.
Twee versoekskrifte – een van die reisbedryf en een van werknemers, vrywillige werkers en die informele sektor in die toerismebedryf – is op die Facebook-blad “Local Tourism is Lekker – Namibia” deur 'n stigterslid, me. Yvonne von Holtz, geplaas.
Dit sal later aan die betrokke ministeries en Staatshuis oorhandig word.
Die versoekskrifte spruit uit die algehele ineenstorting van toerisme en die afgelope drie maande se inkomste- en werksverliese wat die toerismesektor tydens die Covid-19-inperking verloor het.
“Toerisme ondervind tans 'n totale stilstand en plaaslike toerisme is nie genoeg om vir die enorme inkomste- en werksverliese te vergoed nie.
“Ons bevolking is net té klein om die internasionale toeriste te vervang en hoe groter die internasionale krisis word, hoe minder geld is vir Namibiërs beskikbaar om plaaslike toerisme te ondersteun,” sê Von Holtz.
Die toerismebedryf se voorstelle sluit in dat buitelandse toeriste in fases toegelaat word om die risiko van die oordrag van die coronavirus te beperk.
Fase 1 behels die grense word middel Julie vir die belangrikste markte soos Duitsland, Frankryk, Brittanje, België, Nederland, Portugal, Spanje en Italië oopgemaak.
Fase 2 word in middel Augustus geïmplementeer met Amerikaners en Skandinawiese, Switserse en Oostenrykse toeriste wat die land kan binnekom.
Tydens fase 3 kan die grense vir ander Europese lande en Suid-Afrika einde Augustus oopgemaak word.
Von Holtz meen bykomende maatreëls moet in plek wees om Namibiërs en besoekers teen die risiko van infeksie te beskerm.
“Die maatreëls moet oorsese toeriste oortuig dat Namibië 'n veilige bestemming is.”
Von Holtz sê weens die lae infeksiekoers in die land, kan Namibië as 'n veilige land bemark word.
“Met ons wye, oop ruimtes en gebrek aan massa-toerisme, is Namibië die perfekte bestemming vir sosiale afstand,” sê Von Holtz.
“As ons vroeg genoeg ons grense oopmaak met duidelike en praktiese veiligheidsmaatreëls in plek, kan ons sommige van ons inkomsteverliese sedert Maart begin inhaal.
“Ons moet toeriste lok wat na ander bestemmings sou gaan waar die voorkoms van die virus hoër is.
“As ons dit nie doen nie, gaan lande soos Tanzanië, Australië, Nieu-Seeland 'n deel van ons mark vat, want hulle maak reeds hul grense vir sommige lande oop,” sê Von Holtz.
Sy meen dit is ook 'n goeie geleentheid vir Air Namibia om 'n groot deel van die mark in te palm met rederye wat nie so gereeld vanaf Europa na Namibië sal vlieg nie.
Von Holtz sê indien die grense nie oopmaak nie, sal die Namibiese toerismebedryf vyf jaar in trurat gesit word.
“Bewaring sal in gedrang wees. Mense sal hulle tot wildstropery wend om te oorleef. Die teenwoordigheid van toeriste in bewaringsgebiede is ook 'n sterk afskrikmiddel vir stropers,” meen Von Holtz.
Die versoekskrifte kan na [email protected] gestuur word.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie