'Toerismebedryf moet aanpas'
Twee rolspelers het planne beraam om in die krisistyd sonder internasionale toeriste te oorleef.
Francoise Steynberg op Solitaire – Die toerismebedryf moet by die veranderde omstandighede weens die Covid-19-pandemie en -regulasies aanpas om te oorleef.
Só het mnr. John de Almeida, eienaar van die lugballonsafari-maatskappy, Samawati, Sondag op Solitaire aan Republikein gesê.
Hy is een van die min toerismemaatskappy wat midde die pandemie en gebrek aan buitelandse toeriste steeds oorleef.
“Ons moes aanpas en ek is so dankbaar vir die Namibiese toeriste wat my bly ondersteun het,” het De Almeida gesê.
Hy sê hy moes sy pryse drasties sny om sakpas vir Namibiërs te wees.
“Samawati bied steeds tot 28 Februarie 2021 spesiale aanbiedinge en pakkette aan,” het hy gesê.
Samawati kon sy personeellede behou en steeds kop bo water hou.
Met buitelandse toeriste wat slegs drupsgewys Namibië ná die heropening van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako weer besoek, het De Almeida gesê die internasionale toerismebedryf gaan nie in die nabye toekoms herstel nie.
“Ons gaan nog vir 'n hele ruk van die plaaslike toerismemark afhanklik wees,” het De Almeida gesê.
“Ons doelwit is om Namibiërs die geleentheid te gee om die skoonheid van ons pragtige land van bo af te sien. Namibiërs kan nou 'n ballonvaart op hul emmerskoplys afmerk.”
Rakende die verwarring oor die toerismeregulasies het De Almeida gesê die reëls moet in pas met die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) wees en moet streng gevolg word.
“Wat ook al die regulasies is, gehoorsaam dit. Pas aan daarby.”
Hy sê Samawati het dadelik ná die inperkingstyd opleiding aan personeel in alle Covid-19-protokolle gegee.
“Namibië word as een van die skoonste lande in Afrika beskou, maar higiëniese toestande kan voortdurend verbeter,” sê De Almeida.
FIETSRYTOERE
Mnr. Sven en me. Serina Strohmenger van Mabaruli Safaris is ook een van die toeroperateurs wat 'n plan tydens hierdie krisistyd vir toerisme moes beraam. Met geen internasionale toeriste nie, het hulle die afgelope naweek die Mabaruli-Solitaire-bergfietswedren van 205 km vanaf die Kupferbergpas na Solitaire georganiseer wat 'n reusesukses was.
Die wenners in die solo-afdeling, Morné Nell en Wilmien Chamberlain, was dit eens dat dit volgende jaar weer en op 'n groter skaal moet plaasvind, want hulle ag dit as uitstekende voorbereiding vir die Nedbank Desert Dash.
Mabaruli Safaris bied gewoonlik fiets-, familie-, en kampeertoere, groepsafari's en selfrytoere aan. Sven, wat self 'n gesoute fietsryer is, sê hy het sowat 16 fietstoere per jaar vir internasionale fietsryers aangebied, hoofsaaklik vir Britse toeriste.
Die Strohmengers het nie in sak en as gaan sit nie, maar sedert die inperkingstyd reeds vyf plaaslike fietstoere vir Namibiërs aangebied.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie