Toerismebedryf staan trots terwyl ander sukkel
Toerismebedryf staan trots terwyl ander sukkel

Toerismebedryf staan trots terwyl ander sukkel

Een uit elke 22 mense in die Suid-Afrikaanse arbeidsmag werk dus in dié bedryf.
William Horne

Dit is luidens Statistieke Suid-Afrika (SSA) se verslag oor die toerismebedryf in 2017.

Die toerismesektor het verlede jaar 31 752 nuwe poste geskep.

Die getal werknemers in die bedryf was volgens die jongste data in 2017 altesame 722 013; ’n merkwaardige 4,5% van die land se totale arbeidsmag.

Een uit elke 22 mense in die Suid-Afrikaanse arbeidsmag werk dus in die toerismebedryf. Ongeveer die helfte van hulle was in diens van twee bedrywe: die vervoer van passasiers per pad, en die voedsel- en drankbedryf.

SSA wys in sy verslag daarop dat die toerismebedryf tans ’n groter rol speel in werkskepping in die land as talle ander groot sektore in die ekonomie.

SKEP NUWE POSTE

Van 2014 tot 2017 het die toerismebedryf 64 000 nuwe poste geskep – meer as onder meer die sektore vir vervoer, kommunikasie, mynbou en vervaardiging.

Die finansiële sektor en sakedienste het die grootste bydrae tot werkskepping in dié tydperk gelewer met 407 000 nuwe poste.

Pres. Cyril Ramaphosa het in Februarie in sy staatsrede gesê toerisme “bied ongelooflike geleenthede”. Aangesien toerisme beter vaar as baie ander sektore, is daar geen rede waarom die getal poste in dié sektor nie kan verdubbel nie, het hy gesê.

Met ’n totale bydrae tot die ekonomie in 2017 van R130 miljard, oftewel 2,8% van die bruto binnelandse produk, is die toerismebedryf dus groter as die landbou-, bosbou- en vissery-sektor.

In 2017 het 10,28 miljoen toeriste die land besoek en hulle het R277 miljard hier bestee. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!