Toerismeherstel kan tot vier jaar duur
Ondanks Namibiese grense en dié van ander lande wat oop is, het die Covid-19-pandemie dié sektor geweldig hard getref.
Francoise Steynberg
Die toerismesektor gaan twee tot vier jaar neem om te herstel voor dit na die vlakke van 2019 sal terugkeer.
Só het die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, Donderdag tydens ’n konferensie van die Federasie vir Namibiese toerisme-verenigings (Fenata) in Windhoek gesê.
“Ondanks die grense van Namibië en baie ander lande wat oop is, sal die gevolge van die Covid-19-pandemie die herstel tot baie langer as 2021 beïnvloed,” maan Shifeta.
Hy sê dit is weens die reisbeperkings tydens die pandemie, ekonomiese omgewing, gebrek aan gekoördineerde reaksie tussen lande, lae verbruikersvertroue en die trae stuiting van die virus.
“Huidige statistieke dui aan dat 87% minder internasionale toeriste in 2020 Namibië besoek het wat tot reuse-werksverliese en die sluiting van akkommodasiegeriewe gelei het. Party het hul deure finaal gesluit, ander het nog nie oopgemaak nie en sommiges maak geleidelik oop,” sê Shifeta.
DERDE GOLF
“Met die derde golf wat op pad is, is dit belangrik vir Namibië om die uitdaging hok te slaan en elke moontlike poging aan te wend om die verspreiding van die virus vas te vat. Ons moet voortdurend werk om die sektor te laat herleef,” het Shifeta beklemtoon.
Hy sê hy het volle vertroue dat die toerismebedryf sal herstel, weens sy veerkragtige aard.
“Ons is daartoe verbind om plaaslike en internasionale reis weer veilig te maak vir die herstel en tot voordeel van die toerismesektor.”
Shifeta sê die uitbreek van die pandemie het gelei tot wêreldwye reisbeperkings, die sluiting van grense en nasionale inperkings wat daartoe gelei het dat toerisme een van die sektore is wat die hardste getref is.
“Die oorlewing van die sektor leun baie swaar op internasionale toeriste en gereedheid om toeriste veilig te ontvang,” het hy gesê.
Volgens die minister het altesaam 1 462 toeriste vanaf September tot Desember 2020 by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako geland ná die Toerismeherlewingsinisiatief in September verlede jaar van stapel gestuur is.
Wat die pandemie betref, “ons het ons kapasiteit in sekere velde verbeter soos laboratoriumtoetse vir Covid-19 vir reisdoeleindes, blitstoetse is nou beskikbaar en die inentingsveldtog het begin,” sê Shifeta.
Hy sê daar is na die versoeke van die toerismebedryf geluister om reisigers met inentingspaspoort sonder ’n PCR-toets toe te laat om Namibië binne te kom.
“Die realiteit is dat die virus steeds met ons is en ons moet nog steeds versigtig wees, ondanks Covid-19-gevalle wat daal en die regering se pogings om soveel as moontlik mense in te ent.
“Kundiges in openbare gesondheid raai ons grotendeels aan dat verpligte toetse voor vertrek tans die lewensvatbaarste manier is om die verspreiding van die virus en sy variante beter te voorkom wanneer golwe van infeksies tref,” sê Shifeta.
UNWTO
Nóg ’n positiewe punt vir Namibiese toerisme was die besoek van die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies se Wêreldtoerisme-organisasie (UNWTO), mnr. Zurab Pololikashvili, verlede jaar aan Namibië en die Namibië Toerisme Ekspo (NTE) wat jaarliks deur Namibia Media Holdings (NMH) aangebied word.
“Dit was ’n groot bemarkingspunt en vertrouenshupstoot vir Namibië as toeristebestemming,” het Shifeta gesê.
Die minister het ook aangekondig dat Namibië die UNWTO se Afrika-streekkonferensie sal aanbied waar meer as 100 internasionale afgevaardigdes Namibië sal besoek om “onsself as veilige en UNWTO-onderworpe toeristebestemming te bevorder”.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie