Toerismesektor 'skepties' oor oop grense
Francoise Steynberg
Al is die grense vir buitelandse toeriste vanaf gister met gewysigde Covid-19-regulasies oop, meen sommige rolspelers in die toerismesektor buitelanders sal nie voor middel-September kom kuier nie.
“Ons is dankbaar dat die toerisme-inisiatief begin is, maar geen vorm van 'n kwarantynstelsel is 'n lewensvatbare opsie nie,” is een van die menings in die toerismebedryf.
Dit volg ná pres. Hage Geingob Vrydag aangekondig het grense vir buitelandse toeriste sou gister oopmaak sonder 'n verpligte kwarantyntydperk van 14 dae.
Nuwe maatreëls behels dat buitelanders 72 uur vooraf negatief moet toets en vir sewe dae by hul eerste bestemming moet bly voor hul verder kan reis. Die akkommodasiebestemming moet deur die gesondheidsministerie goedgekeur en by die Namibië Toerismeraad (NTB) geregistreer wees. Indien die toeris ná vyf dae negatief toets, kan die persoon sy/haar reis voortsit.
Die fynere besonderhede sal deur 'n taakspan wat gesondheidsbeamptes en rolspelers in die toerismebedryf insluit, gefinaliseer word.
“As toeroperateurs weet ons 'n sewe dae-kwarantyn sal net vir 'n paar individuele kliënte
werk. Toeriste sal instem om 'n toets te doen voor hulle vlieg en hul versekering sal hulle dek. Enigiets anders wat 'n impak op hul toer sal hê wat vooraf beplan en betaal is, sal nie werk nie,” sê 'n toeroperateur.
'n Lodge-eienaar in die Noorde sê sy lodge bly toe, want selfs met die nuwe regulasies is dit nie vir hom finansieel volhoubaar om sy deure oop te maak nie.
“Die nuwe regulasies kan slegs vir buitelandse jagters werk wat jagplase in die Khomasstreek besoek,” sê hy.
Die ander uitdaging is die lys van laerisikolande van die Covid-19-pandemie wat daagliks verander.
“Die lys van laerisikolande is nog nie beskikbaar nie, want dit verander byna elke dag,” het die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (NTB), me. Gitta Paetzold, gesê.
“Wat nou belangrik is, is om op regeringsvlak bilaterale besprekings met lande te voer wat reis van beide kante af aanmoedig.”
Paetzold sê NTB is druk besig met bemarking en “ons op toerismevlak is besig om inligting met vennote en markte te deel. Nou tel goeie verhoudinge en die goeie beeld wat Namibië opgebou het – danksy NTB en die private sektor.”
Sy sê slegs die besluit dat die grense oopmaak, “is waardevol en gee ons hoop. Nou moet ons alle wiele aan die rol kry om lugrederye, agente en toeroperateurs te oortuig om na Namibië te begin vlieg.”
'BEPLANNING MOEILIK'
'n Rolspeler in die toerismebedryf sê dis baie moeilik om op sulke kort kennisgewing te beplan.
“Toerisme behels om deeglik vooraf te beplan. Ons kan nie so werk met dag-tot-dag-val-in-plek-situasie nie,” sê hy.
“Alle gaste wat vooraf geboek het en agente wat vir die res van die jaar besprekings het, is besig om vertroue in Namibië te verloor weens die feit dat daar geen deeglike voorafbeplanning is nie.
“Lugrederye kan nie op kort kennisgewing skedules beplan nie.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie