Toerismewenners aangekondig
Die Gasvryheidsvereniging van Namibië het presteerders in die toerismesektor vir hul uitnemendheid beloon.
Die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN) het verlede week hul tweedaagse kongres, handelsforum en galadinee aangebied met die die tema “Tourism begins at home”.
Presteerders in die toerismebedryf het tydens die galadinee toekennings ontvang met mnr. Jörn Dedig, eienaar van Elegant Collection, wat as HAN se hotelier van die jaar aangewys is.
HAN se persoonlikheid van die jaar is die Italiaanse broers mnre. Ruggero en Simone Micheletti, wat ekotoerisme op die afgeleë vleilande van Namibië gevestig het.
Mnr. Werner Ewald van Bannerman Resources Namibia het met die toekenning vir toerismepersoonlikheid van 2019 weggestap.
//Huab under Canvas het die toekenning vir die gesamentlike onderneming (JV) gemeenskapslodge van die jaar verwerf.
Die volgende toerisme-instansies is deur me. Hazel Milne Eco Awards Alliance geëvalueer om met die gesogte Eco Awards weg te stap: //Huab Under Canvas, Am Weinberg Boutique Hotel, Fish River Lodge, Ongava Lodge, Little Ongava Lodge, Ongava Tented Camp, Hoanib Skeleton Coast Camp, Gondwana Kalahari Farmhouse, Okonjima Lodge CC en Africat Foundation, Ongava Anderssons Camp en Pack Safari.
Met die tema “Tourism begins at home” is Namibië se uiteenlopendheid en eg Namibiese produkte soos kuns, handwerk, kosmetiese produkte en drinkgoed ten toon gestel.
“Vir die eerste keer was al die wyn by die galadinee eg Namibies met ’n verskeidenheid plaaslike wynmakers wat hul produkte aan sleutelrolspelers en hoteliers in die toerismebedryf beskikbaar gestel het om te proe,” het HAN se uitvoerende hoof, me. Gitta Paetzold, gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie