Toeriste begin terugkeer ná beurtkrag, droogte
William Horne – Toerismesyfers het in die buurland het in Junie goed verbeter ná ’n treurige prestasie aan die begin van die jaar, maar om teenoor 2018 te groei sal Suid-Afrika veral Europeërs moet teruglok.
Die inkomste uit toerismeverblyf het in Junie met 8,2% tot R1,8 miljard gestyg vergeleke met die ooreenstemmende maand in 2018.
Volgens Lara Hodes, senior ekonoom van Investec, is dié verbetering waarskynlik te danke aan die afwesigheid van beurtkrag en waterbeperkings wat vroeër vanjaar die verblyfsektor swaar getref het.
“Beperkings op krag- en watervoorsiening het ’n ernstige impak op die daaglikse bedrywighede van verblyfondernemings,” het Hodes Maandag in ’n verklaring gesê.
In Junie was daar 734 554 toeriste wat die land vir langer as een aand besoek het. Dit is ’n toename van 0,7% teenoor Junie 2018 en verteenwoordig 63% van alle oorsese besoekers aan die land vir die maand.
Vir die jaar tot en met Junie is 2019 se syfers egter steeds swakker as verlede jaar s’n. Kumulatief was daar teen Junie vanjaar 1,5% minder toeriste wat die land besoek het as in die ooreenstemmende tydperk.
Een van die groot drywers hiervan is die skerp afname in besoekers van Europa, waarvandaan die meeste van Suid-Afrika se toeriste tradisioneel kom. Van Januarie tot Junie 2019 het 3,4% minder Europese toeriste Suid-Afrika as ’n bestemming gekies as in die vergelykende tydperk.
Op ’n kwartaalgrondslag lyk die syfer nog swakker. Altesame 41,6% minder Europese toeriste het Suid-Afrika in die tweede kwartaal besoek as in die eerste kwartaal van die jaar.
Die enigste ander daling vanuit ’n streek wat naby dié syfer gekom het, was vir Noord-Afrika. In die tweede kwartaal het 16,6% minder toeriste uit dié streek na Suid-Afrika gekom as in die eerste kwartaal.
Europa verteenwoordig meer as die helfte van alle oorsese toeriste wat vir meer as een dag na Suid-Afrika reis.
Luidens ’n verklaring wat Dinsdag uitgereik is, gee die regering aandag aan dié daling, veral in die lig van pres. Cyril Ramaphosa se ambisieuse teiken dat die land teen 2030 nagenoeg 21 miljoen oorsese toeriste per jaar moet lok. Tans is dit minder as drie miljoen per jaar.
SA Toerisme en die Toerismesakeraad onderneem as hul bydrae om dié teiken te haal ’n wêreldtoer om Suid-Afrika aan potensiële toeriste te bemark.
Die toer skop vandeesweek in Zürich, Switserland, af en sal oor die volgende tien dae ook by verskeie ander Europese bestemmings en Brittanje aandoen. Een van die hoofdoelwitte van dié toer is om potensiële toeriste oor ’n besoek aan Suid-Afrika gerus te stel.
Die bronne van Suid-Afrika se oorsese besoekers is wel aan die verander. Meer as 73% van alle oorsese toeriste kom vanuit die toptienlande.
Die toptien in Junie was:
· VSA 36 490
· Brittanje 19 711
· Duitsland 9 748
· Indië 9 315
· Australië 9 064
· China 6 721
· Frankryk 6 519
· Brasilië 5 645
· Nederland 4 859
· Kanada 3 715
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie