Toeriste by padblokkades vir Covid-19 getoets
Die private sektor het 'n veldtog van stapel gestuur om toeriste vir Covid-19 by padblokkades te toets. Die eerste mobiele kliniek is amptelik deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, by die Okahanda-padblokkade op die A1-hoofpad geopen. Die inisiatief deur die private sektor is 'n gesamentelike onderneming deur die Toer- en Safarivereniging van Namibië (TASA) en Covid Test Nam, met ondersteuning van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN).
Die doel is om die herlewing van die toerismesektor in Namibië 'n hupstoot te gee deur aan toeriste die gerieflikste opsie beskikbaar te stel om vir Covid-19 getoets te word alvorens hulle die land verlaat. Vooraf besprekings kan gemaak word op die webtuiste
www.covidtestnam.com. Die inligting wat op die webtuiste gelaai word, voltooi outomaties die vorms vir die ministerie van gesondheid en die laboratorium wat maak dat alles gereed is wanneer toeriste by die toetssentrum aankom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie