Toeriste kan Namibiu00eb makliker besoek
Toeriste kan Namibiu00eb makliker besoek

Toeriste kan Namibië makliker besoek

Burgers van verskeie lande hoef nie meer vooraf vir visums aansoek te doen om die land te besoek nie.
Augetto Graig
Augetto Graig - Toegang tot Namibië is gister vir toeriste, beleggers en sakelui aansienlik makliker gemaak.

Die minister van binnelandse sake en immigrasie, mnr. Frans Kapofi, het die eerste fase van die visum by aankoms-projek by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako van stapel gestuur.

Volgens die minister sal hierdie verwikkeling die land se toerisme- en reisbedryf help om meer mededingendheid te wees.

Volgens die Wêreld- Ekonomiese Forum is Namibië 81ste uit 140 lande op die gebied, sê Kapofi.

Wat algemene toeganklikheid in Afrika betref, was Namibië in 2018 38ste uit 55 lande, sê hy.

In 2016 het die ministerie die visumvereistes vir besoekers uit Afrika met diplomatieke of amptelike paspoorte opgeskort.

Sedertdien het die ministerie ook die gebruik van elektroniese visums, paspoorte en grensbeheer geïmplementeer.

Vroeër vanjaar het die raadgewende hoëvlakpaneel oor die ekonomiese opdrag gegee dat visums by aankoms in Namibië toegepas moet word.

Die projek, wat eers by die internasionale lughawe getoets word, sal later na verskeie toegangspunte tot Namibië uitgebrei word.

Boonop sal meer lande in die toekoms hierby baat. Vir nou is die burgers van 47 lande daarvan vrygestel om vir visums vir Namibië aansoek te doen.

Visums by aankoms is beskikbaar vir toeriste, voornemende beleggers, deelnemers aan vergaderings, seminare en slypskole, mense wat vriende of familie kom besoek en reisigers wat Namibië vir mediese doeleindes besoek.

Kapofi dring egter daarop aan dat toergidse, betaalde aanbieders van geleenthede of individue wat in Namibië kom werk ’n werkspermit bekom.

Die Afrikalande wat by die loodsfase van die projek baat, is Benin, Burkina Faso, Burundi, Kaap Verde, Kameroen, die Sentraal-Afrikaanse Republiek (CAR), Tsjad, die Comore-eilande, Ivoorkus, Djiboeti, Ekwatoriaal-Guinee, Eritrea, Gaboen, Gambië, Guinee, Guinee-Bissau, Liberië, Madagaskar, Mauritanië, Niger, Rwanda, Sao Tomé en Principe, Sierra Leone, Togo, Tunisië, Wes-Sahara en Uganda.

Van buite Afrika kan burgers van Wit-Rusland, Bulgarye, Kambodja, Chili, Tsjeggië, Hongarye, Mexiko, Moldawië, Nicaragua, Pole, Roemenië, Slowakye, Suid-Korea, Venezuela, Viëtnam, Thailand, Turkye, die Verenigde Arabiese Emirate, Singapoer en Oekraïne Namibië ook nou makliker besoek.

Aansoek om ’n visum by aankoms kos N$1 000 elk en goedkeuring hang steeds van die gevestigde immigrasiebeheer af.

By die geleentheid het me. Penny Akwenye, ’n presidensiële raadgewer, ’n beroep op immigrasiebeamptes, die polisie en doeanebeamptes gedoen om hul ingesteldheid te verander.

“Vandag is die begin van verandering. Ons verander die lughawe. Visums verander, en ek vra dat julle ook verander,” het sy gesê.

Mnr. Leake Hangala, voorsitter van die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) se raad, sê onbeskofte beamptes verteenwoordig nie die beeld wat Namibië aan die wêreld wil wys nie.

“Ons wil hê besoekers moet Hosea Kutako gebruik omdat dit die beste lughawe is. Daarvoor moet ons dit die beste maak en almal ons deel doen om te verseker die nasie vaar goed,” sê hy.

Mnr. Johannes Gawaxab, voorsitter van die raadgewende hoëvlakpaneel oor die ekonomie, het gesê die ministerie vaar goed wat die toepas van hul aanbevelings betref.

“Met die verandering van die visumstelsel sal ekonomiese groei ’n hupstoot kry.

“Toerisme is baie belangrik vir volhoubare groei. Ons moet nou Indië en China teiken om die getal toeriste te verdubbel en beduidende werksgeleenthede skep,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!