Toeriste stroom na Tsjernobil vir selfies
Die nuwe HBO TV-reeks oor die kernkrag-ramp van wat in 1986 by Tsjernobil in Oekraïne plaasgevind het, het dié gebied in ’n toeriste-mekka omskep.
USA Today berig daar is ’n toename van 30% in toeriste na die onbewoonbare gebied sedert die televisiereeks begin het.
Toerisme-operateurs reken die aantal besoekers wat hierdie jaar die rampstasie gaan besoek, kan selfs soveel as 150 000 mense wees – dubbel die aantal van ander jare.
Die toeriste wat opslae maak, is egter nie die standaard-toergroep nie.
TV-reeks wek nuwe belang- stelling in gebied.
Fox News berig skamel geklede modelle en sogenaamde “sosiale- media-beïnvloeders” – wat ’n bestaan maak uit geborgde uitstappies om hul hordes volgelinge só te beïnvloed – het die afgelope maand konsternasie veroorsaak. Verskeie mense meen hul selfies in die rampgebied buit die trauma van die ramp uit vir oppervlakkige vermaak.
Die omstredenheid het so erg toegeneem dat die TV-reeks se vervaardiger, Craig Mazin, hom Dinsdag tot Twitter gewend het om besoekers te maan om dié nuwe foto-bestemming met die nodige agting en respek te behandel.
“Dis wonderlik dat #ChernobylHBO ’n vlaag van toerisme na die uitsluitingsone geïnspireer het, maar ja, ek het die foto’s die rondes sien doen. As jy daar besoek aflê, onthou asseblief dat ’n verskriklike tragedie daar afgespeel het. Gedra jouself met respek vir almal wat daar opgeoffer en gely het,” het Mazin getwiet.
Selfies van mense in beskermende drag maar met halfgeklede modelle in die agtergrond, het die afgelope week die internet aan die gons gehad.
Volgens die toerisme-webwerf Thrifty Nomads sal Tsjernobil vir die volgende 20 000 jaar nog nie veilig wees vir mense om daar te woon nie, al is die wisselende vlakke van bestraling veilig genoeg vir tydelike besoekers.
’n Geskatte 400 mense woon egter steeds in die uitsluitingsone. Baie het geweier om te trek toe die gebied rondom die stad Pripjat uiteindelik ontruim is.
Dié webwerf adverteer dagtoere vanaf Kiev na die Tsjernobil-gebied vir US$100 tot US$500 per persoon. Hulle sê vir belangstellendes die area is relatief veilig, maar reisversekering word aanbeveel.
Die “besoekbare Tsjernobil” is nie nuut nie, maar die TV-reeks het belangstelling laat opvlam.
Fox News het reeds in Desember 2007 berig dié rampgebied sou weer in 2008 oop wees vir toeriste om te besoek. “Oral waar toeriste toegelaat word, hoe lank hulle mag bly en wat hulle mag eet, sal versigtig beheer word en die risiko’s is onbeduidend,” het Fox News destyds berig.
"Chernobyl" is ’n geskiedkundige TV-reeks. Kykers kan dié reeks op Showmax sien. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie