Toerspan nou met rug teen die muur
Namibië het geen ander keuse as om Madagaskar komende Woensdag met 'n groot telling te verslaan nie.
Andrew Poolman – Ondanks die vele oënskynlik “kleinerige” gevaartekens vooraf kon die Namibiese rugbyspan geen teenvoeters vind toe hy Saterdag in Abidjan teen die afgrond begin afgly nie en moes gevolglik 'n nederlaag met 13-24 teen die Ivoorkus afsluk.
Die gasheerspan, wat 42ste op die wêreldranglys was, kan met sy sege teen span nommer 25 'n stewige hupstoot verwag wanneer Wêreldrugby hierdie posisies vandag op datum bring.
Hoewel Namibië na dese op die randjie van 'n vernederende en voortydige uitskakeling in die wedloop na die 2023 Wêreldbeker wankel, bly afrigter Allister Coetzee en sy manne vasbeslote om vandeesweek op te staan en die land se rugby-eer te red.
Die Namibiërs onder kapteinskap van Pieter-Jan van Lill het geen ander keuse as om Woensdag die volle vyf ligapunte teen Madagaskar in te oes nie, as hulle wil seker maak hulle oorleef in een van die twee topposisies in die Rugby Afrika groep A-toernooi. Volgende jaar speel die Top Agt uit om die 2023 WB-plek.
Saterdag was die toerspan reeds binne die eerste 12 minute agter, met twee drieë wat die Wes-Afrikane met dryfwerk deur hul swaarder agttal behaal het nadat hulle van lynstane naby die doellyn maalbewegings kon vorm. Beide drieë is verdoel om Ivoorkus met 14-0 voor te plaas.
Namibië het tot verhaal gekom met 'n strafdoel deur losskakel Helarius Kisting ná 19 minute en het die haker Obert Nortjé ná meer as 'n halfuur se gesukkel vir 'n onverdoelde drie oorgewerk (14-8).
Ivoorkus se skopper het egter met 'n skuins strafdoel die kol getref. Diep in beseringstyd van die eerste helfte was Ivoorkus opnuut op die aanval, totdat die Namibiese flank Max Katjijeko betrap en met 'n geel kaart vir tien minute afgestuur is.
Van die gevolglike skrum wat Ivoorkus gekies het, het die skeidsregter 'n strafdrie aan die tuisspan toegeken.
Ongedwonge individuele foute het ook die Namibiese poging geteister, soos toe Helarius Kisting met sy afskop vir die tweede helfte nie tien meter kon haal nie. Later het 'n belowende agterlynbeweging ook skipbreuk gely toe heelagter Johann Tromp se aangee agter sy spanmaats verby oor die kantlyn geseil het.
Die buitesenter Lesley Klim het op vasberade wyse sy pad gevind na 'n drie in die regterhoek wat opnuut nie verdoel is nie. Met die laaste beweging van die dag het Namibië – desperaat vir minstens 'n verloorbonuspunt – so byna met sy agterlynbeweging deurgebreek, maar Tromp is op die hoekvlag uitgeduik.
VERTRAAGDE REAKSIE
“Ivoorkus het die omstandighede tot hul voordeel benut met die wind van agter in die eerste helfte en 'n goeie skoppende losskakel wat hulle op die voorvoet gehou het,” het Coetzee agterna gesê.
Ondersteuners is grootliks teleurgestel in die vertraagde reaksie waarmee die oënskynlik tandelose Namibiërs vorendag kon kom.
Die span se eerste toetsrugby in 18 maande is gekenmerk deur verroestheid en 'n onsamehangendheid wat die spelpatroon betref.
Waar was die selfvertroue om enige van die flair in die agterlyn te gebruik en in die wyer kanale aan te val? Dié is waarskynlik gekelder deur die afgelope maand se skietstilstand met kontaksport in Namibië, met die laaste premierliga-klubrugby wat einde Mei gespeel is.
In stede hiervan het Namibië op konserwatiewe wyse momentum probeer opbou deur sy voorspelers een-een of twee-twee as stormramme te gebruik, maar met beperkte sukses.
Dit moet pertinent genoem word dat die skeidsregter van Tunisië, Heykel Bahroun, oënskynlik ook nie kon wag om enige Namibiese momentum te verbreek deur een of ander strafskop-oortreding op die grond raak te sien nie. Terwyl Namibië algaande in 'n wedloop teen tyd gewikkel was, het Bahroun ook lustig saamgespeel met die Ivoriane se tydverkwisting by lynstane of spelers wat kwansuis mediese aandag benodig het.
“Dit het Ivoorkus met sy gewigsvoordeel voorlangs gepas om die spel so stadig en gestruktureerd as moontlik te hou. Maar deur strafskoppe af te staan, het ons ook onsself in die voet geskiet,” sê Coetzee.
Die voormalige Springbok-afrigter hoop dat groter samehorigheid in hul tweede wedstryd gesien sal kan word.
“Ons het net 'n enkele oefensessie (vandag) voor die kapteinsoefening (Dinsdag). Daar sal dus waarskynlik nie groot veranderinge aan ons span wees nie,” sê hy.
TWEE MANNE INGEVLIEG
Die stut Herschell van Wyk (FNB Wanderers) en slot-flank Johan Luttig (FNB Grootfontein) het Saterdag uit Windhoek die lang vlug na die Ivoorkus gehaal.
Van Wyk, tevore van Windhoek Gimnasium en die Namibiese o.18 Akademiespan, se potensiaal word hoog aangeskryf deur Jood Opperman, wat hom vanjaar in sy nasionale o.20-span ingesluit het wie se toer ongelukkig deur die mat geval het.
Luttig, ook tevore 'n o.20-spanlid, is onmiddellik ná sy laaste skooljaar by Tsumeb Gimnasium aan die diep kant van Curriebeker-rugby ingegooi. Hy was die afgelope seisoene 'n staatmaker in Grootfontein se opgang tot waar hulle tans in die NRU premierliga se topvier is.
Beide vervang beseerde spelers van FNB Unam, naamlik die stut Desiderius Sethie (knie) en die flank Cameron Langenhoven, wat Saterdag ondanks ongemak in sy dyspier as 'n plaasvervanger opgestuur is.
• Ivoorkus was in 1994 die eerste rugbyland in Afrika (en enigste sover) wat Namibië in die kontinentale kwalifisering vir die Wêreldbeker uitgeskakel het, toe hulle die span onder aanvoering van Klein-Henning Snyman in Casablanca met 13-12 geskok het.
Die Ivoriane was in 2009 ook sterk weerstand in Abidjan, toe hulle Kees Lensing se span tot 13-13 vasgehou het.
Namibië het egter twee ontmoetings gewen – met 22-10 in Casablanca in 1998, asook die wegholsege met 54-14 in die herontmoeting van 2009 in Windhoek.
FOTO
Die stut Herschell van Wyk en flank Johan Luttig by hul vertrek uit Windhoek om by die toerspan aan te sluit. Foto verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie