Toerspanne vier maande vooraf bekend
Toerspanne vier maande vooraf bekend

Toerspanne vier maande vooraf bekend

Hokkie
Andrew Poolman
Andrew Poolman



Hoewel amper vier maande nog voorlê, het die Namibiese Hokkie-unie, in samewerking met die Namibiese Sportkommissie, reeds sy nasionale mans- en vrouespanne aangekondig wat die land by die Internasionale Hokkiefederasie (FIH) se Binnenshuise Wêreldbeker van 2-6 Februarie 2022 in Liège, België, sal verteenwoordig.

Covid-19 se invloed op wêreldsport – met strenger visumvereistes en tyd vir volledige inentings as 'n oorweging – tel as 'n bykomende oorweging van die protokol waarom die toerspan reeds nou aan die FIH bekendgemaak moes word.

Boonop mag daar nie oorvleueling wees tussen spelers in die Binnenshuise Wêreldbekerspan en die Afrika-veldhokkiekampioenskap, wat in Januarie in Ghana aangebied word nie.

Afrigter Trevor Cormack se MTC Namibiese manspan is by die Wêreldbeker in groep B geplaas saam met die topspanne spanne op die FIH se binnenshuise wêreld­ranglys Duitsland (2de), Iran (3), Nederland (7), België (8) en die VSA (18). Namibië is tans op nommer 16.

Die manspan se spanbestuurder, me. Mary Hansen, sê: “Ons span se gemiddelde ouderdom is 'n fraksie oor 21 jaar en die jongste speler is 17. As 'n span het ons sover altesaam 148 internasionale wedstryde in binnenshuise hokkie – gemiddeld 12,33 per speler.

“Die manspan sal vanaf November sy WB-voorbereiding ernstig verskerp, met al ons buitelandse spelers wat na verwagting in Namibië by die res van die span sal aansluit.

“Ons voorbereidings sal plaaslike oefenkampe in Windhoek en Swakopmund insluit, en twee internasionale toetsreekse voor die IWC - teen Suid -Afrika in Kaapstad, Desember 2021 en teen Nederland in Almere, Januarie 2022.

Die MTC Namibiese Binnenshuise Wêreldbeker manspan na België, met hul truinommers:

1 David Jacobus (DJ) Strauss (kaptein, DTS), 30 jaar, 33 wedstryde

2 Richter van Rooyen (doelwagter, Saints), 18 jaar, 4 wedstryde

13 Ernest Jacobs (onderkaptein, Whk Old Boys) 25 jaar, 23 wedstryde

12 Dakota Hansen (Saints, tans in Nederland), 21 jaar, 14 wedstryde

10 Nico Neethling (DTS), 19 jaar, 5 wedstryde

9 Cody van der Merwe (Saints, tans in RSA), 20 jaar, 10 wedstryde

8 Fagan Hansen (DTS, tans in RSA), 18 jaar, 10 wedstryde

7 Brynn Cleak (Saints, tans in RSA), 29 jaar, 20 wedstryde

6 David Britz (Saints), 18 jaar, 5 wedstryde

5 Liam Hermanus (Saints, tans in Nederland), 20 jaar, 14 wedstryde

4 Owen Hatton (Saints, tans in RSA), 18 jaar, 5 wedstryde

3 John-Paul Britz (DTS, tans in RSA), 17 jaar, 5 wedstryde



Die MTC Namibiese Binnenshuise Wêreldbeker vrouespan:

Magreth Mengo (kaptein, DTS), 56 wedstryde

Petro Stoffberg (doelwagter, DTS, 39 wedstryde

Berencia Diamond (doelwagter, School of Excellence), 9 wedstryde

Sunelle Ludwig (onderkaptein, Saints), 26 wedstryde

Gillian Hermanus (Saints), 30 wedstryde

Azaylee Philander (Saints), 10 wedstryde

Caitlin Gillies (DTS), 5 wedstryde

Jivanka Kruger (Whk Old Boys), 5 wedstryde

Kaela Schimming (Whk Old Boys), 5 wedstryde

Armin van Staden (Whk Old Boys), nuweling.

Danja Meyer (Saints), 5 wedstryde

Jaimie Gillies (DTS), nuweling.

Die nie-reisende reserwes is Tara Myburgh, Anthea Coetzee, Jaimie Henckert (doelwagter), Jahntwa Kruger en Britta Haensel.

Afrigter: Erwin Handura. Spanbestuurder: Kimber le Roux.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!