Toertragedie: Busbestuurder is borgtog geweier
Toertragedie: Busbestuurder is borgtog geweier

Toertragedie: Busbestuurder is borgtog geweier

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die 33-jarige mnr. Uasora Uanivi, beter bekend as Skoko, is in die landdroshof op Mariental borgtog geweier toe hy vanoggend vlugtig voor landdros Anna Kruger op klagte van strafbare manslag en dronkbestuur verskyn het.
Uanivi is Sondagoggend buite Mariental in hegtenis geneem nadat die bus waarmee hy met 55 Windhoek Gimnasium-leerlinge aan boord na die Oranjerivier onderweg was, van die pad gery en gerol het.
Angela Maiba en Jacques Venter, beide in graad 7, het gesterf en 19 van hul klasmaats is beseer.
Die aanklaer, me. Loide Nghixulifwa, het borgtog teengestaan. Die hof is ook meegedeel die klag van dronkbestuur kan eers voltooi word wanneer die uitslag van die bloedtoets bekend is.
Die uitslag van die blaastoets op die toneel was 0,19 mg/1 000 ml asem.
Sespakke met bier is onder sy sitplek in die bus gevind.
Kruger het Uanivi se verhoor tot 31 Oktober uitgestel, en hom meegedeel hy kan intussen ‘n formele borgtogaansoek indien.
Uanivi se plasings op sy Facebook-blad bevat talle foto’s van hom met ‘n bottel of blikkie bier in die hand.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!